| Vry | ||
|---|---|---|
Lydenstyd 2010 Aswoensdag, 17 Februarie 2010 People Project Elke jaar gedurende Lydenstyd word ons op ‘n baie besondere manier herinner aan Jesus wat sy lewe as ‘n offer aan die kruis kom gee het. Ons dink aan wat dit Hom gekos het om ‘n mens te word en as ‘n dienskneg na ons te kom. Ons dink aan sy verwerping, hoe Hy bespot en vervolg is en hoe Hy uiteindelik tereggestel is. En ons onthou: dit was ‘n lydensweg... en dit het Hom nie net iets gekos nie, dit het Hom sy lewe gekos om ons te verlos. Depressie en Angs ondersteuningsgroep Die ondersteuningsgroep word die eerste Woensdag van die maand gehou in die Genesis gebou by Mosaiek (Fairland). Die eerste bymekaarkom vind plaas op Woensdag 17 Maart 2010 en daarna die eerste Woensdag van die maand. Beleef Heilige Week met hierdie jaarlikse instelling van Mosaiek - Die Kruisstasies. Deur kuns, musiek, interaktiewe belewenis en rituele begelei hierdie ervaring jou deur 12 momente in die Kruistog van Jesus. Oop daagliks tussen 08:00 en 21:00. Start: 02/04/2010 07:30
End: 02/04/2010 08:15
'n Spesiale byeenkoms in die Klipkerk gedenk hierdie dag van Jesus se kruisiging. Start: 02/04/2010 08:30
End: 02/04/2010 09:30
'n Spesiale byeenkoms in ons Teatro om hierdie hoogtepunt van Goeie Vrydag te herdenk. Start: 02/04/2010 10:15
End: 02/04/2010 11:15
'n Spesiale byeenkoms in ons Teatro om hierdie hoogtepunt van Goeie Vrydag te herdenk. Start: 02/04/2010 10:15
End: 02/04/2010 11:15
PUK-koor bied 'n verskeidenheid gewyde werke uit hulle repertoire. | ||