Onderwerp “My storie”

My storie

Ek vind dat ek die Here beleef, deur my interaksie met ander mense. Mense vanuit omstandighede wat heeltemaal anders as my eie is. Omdat ek baie van my tyd op Twitter spandeer het ek kontak met mense gehad, wat ek nie in my alledaagse lewe normaalweg sou ontmoet nie.

Ek het met Lucky du Plessis begin praat op daardie sosiaale platform. Ons het mekaar ontmoet vir koffie en hy het my van sy lewe vertel. Vir die eerste keer het armoede vir my 'n gesig. Hy het my vertel van sy gesin wat hom aangeneem het, sy moeilike kinderjare.

Ons vriendskap het vir my gewys dat ek 'n verskil wil maak in minderbevoorregte kinders se lewens. Ek wil nie meer slegs net vir myself lewe nie. Dis wat gebeur het in 'n neutedop.


Whow! Die hele Lydenstyd (sonder soetigheid en sjokolade) was 'n wonderlike ervaring. Die grote God het met my gepraat en laat besef hoe kosbaar elkeen en alles van sy Skepping is. Hoe wonderlik en onbegryplik is die weë van God dat Hy selfs sy Seun aan die kruis laat sterf het vir elkeen van ons EN ook vir my! Baie, baie dankie Mosaïek. Jul het weereens daarin geslaag om 'n regte Gods-fees vir ons aan te bied. Ek was regtig die hele tyd, terwyl ek by Mosaïek was, bewus van Jesus se teenwoordigheid, veral in die Kruisstasies!

Dankie Jesus en dankie Mosaïek!

Jackie Birk


Ons was lidmate van Mosaïek, maar woon tans in die Kaap en ek was gelukkig om tydens die Lydenstyd in Gauteng te wees en die Paas-geleentheid saam met die gemeente te kon beleef.

Ek het in besonder moeite gedoen om die Kruisstasies te beleef. Ek het na my eerste besoek besluit om elke stasie eers intensief te lees, te bepeins, te mediteer en daarna die stasie te besoek en te beleef. Ek het elke stasie so besoek en beleef. Die reis het my elke keer net dieper en dieper na my eie lewe laat kyk. By stasie 2, byvoorbeeld, het ek besef dat Petrus se 3-malige verraad niks teen my eie optrede is nie.

Baie dankie vir die wonderlike geleentheid wat aan ons gebied is om ons lewens in die lig van die kruis- en opstandigsboodskap te kon rig.

Eben Kotze


Baie dankie, weereens, vir 'n wonderlike Paasfees. Die 40 dae voorbereiding tot en met PalmSondag, die reis gedurende Heilge Week, die "emosie" rondom Goeie Vrydag en OpstandingSondag het vir ons geestelike groei onsettend baie beteken.

Die ontdekking van stilword, jouself ontdek, ontdek dat God in ons woon, ons by die naam roep en verklaar dat ons sy geliefde kinders is te groot om te beskryf. Gedurende die 40 dae het ons die werke van Henri Nouwen ontdek en in die tyd sy 'Spiritual Formation: Following the Movements of the Spirit' ook deurgewerk. Jesus is besig om ons lewens daagliks te verander en alhoewel ons al jare beleidende Christene is, word ons geestelike "ontmoetings" daagliks meer en meer gerig op 'n werklike, lewende en sinvolle verhouding met Jesus.

Dankie vir alles en almal. Julle is 'n wonderlike span.

Groetnis in Christus

Gerhard en Gezina Olivier


Ons as gesin trek deur 'n woestyn-tyd wat net nie lyk of dit einde kry nie. Ek is van depressie, teleurstelling in God, tot woede vir God, tot 'n intellektuele vrede maak en weer die pad saam met God stap, maar my hart was nie daarin soos van te vore nie. Die paasnaweek was instrumenteel om my hart weer met passie vir God aan te steek.

Dankie vir julle gehoorsaamheid.

Daniel Griessel


Ek was op 'n stadium in my lewe 'n lost soul en ek het op 'n punt gekom wat die Here baie in my lewe gedoen het. Ek het die Here begin ervaar soos nog nooit van tevore nie, ek het aan depressie gelei en is al drie jaar fine. Ek het stil geword en God se teenwoordigheid in my lewe ervaar dat ek sy stem kan hoor. Ek is dankbaar vir wat Mosaïek vir my doen op die journey met God.

Maar wat ek wil sê van dat my lewe verander het, is dat ek besef het wat belangrik is in die lewe. God het vir my 'n passie en 'n droom gegee om in die bediening te gaan. Dis my passie en ek weet ek sal ongehoorsaam wees as ek dit nie doen nie. Ek is opgewonde om my droom en passie uit te leef.
 
Die Here is goed vir my en ek is dankbaar vir dit wat Hy in my lewe doen.

X
Loading