Tegnies

Tegniese Kunste - Welkom

Tegniese Kuste

Die Tegniese Kunste span is 'n groep dinamiese vrywilligers vanuit die gemeente. As vrywilliger het jy geleentheid om jou talente te ontwikkel, nuwe mense te ontmoet en deel te word van die proses om ons dienste oudio-visueel toeganklik te maak op 'n vlak wat ongekend is in ons land.

Klank

Op die klank span leer jy hoe om die musikante op die verhoog te assisteer deur middel van professionele toerusting en die aanleer van klankmeng-tegnieke. Jy as klankvrywilliger maak deel uit van die belewenis wat geskep word tydens ons dienste deur jou talente en kennis aangeleer.Van die dissiplines behels, klank meng werk, die instel van monitors en die opstel vir Sondag dienste.

Beligting

Ons beligting span is verantwoordelik om atmosfeer op die verhoog te skep deur verskillende elemente te belig. Hier kry jy ook die kans om met alle soorte beligting te werk, insluitend intelligente beligting of die mooi Engelse benaming – moving heads.

Video

Die Video span bring die visuele element nader aan die gehoor. Hulle maak seker dat als so sigbaar moontlik is. Hulle talente en kreatiewe denke is ‘n wen resep as dit kom by konneksie vorming reg deur die belewenis.

Multi Media

Die multi-media bediening is soveel meer as net woorde op skerm, hierdie is die ouens wat seker maak dat die regte inligting op die regte oomblik op die skerms vertoon.

Vertolking

Die tolke is die span wat ons dienste aan ‘n wyer gehoor toeganklik maak. Hier kan jy jou talent van spraak en taalkunde kom uitleef en seker maak almal hoor wat gesê word.Die mediabediening maak al ons preekreekse en kursusse toeganklik aan jou. Dis hulle voorreg om elke week seker te maak die dienste word opgeneem en dat belangstellendes dit kan aanskaf op CD of aflaai vanaf die webwerf. Hier kan jy leer hoe om met CD duplikasietoerusting te werk en die verwerking van digitale opnames.

X
Loading