“There is no more noble occupation in the world than to assist another human being to help someone succeed.” ~ Alan Loy McGinnis Ons operasionele been bied 'n ondersteuningsfunksie aan al ons bedieninge. Hierdie span vorm die kern van ons daaglikse infrastruktuur funksionering en bestaan uit die volgende afdelings:
Fasiliteite:
Die Fasiliteite-span hoop om koste-effektief operasionele- en fasiliteiteondersteuning in elke faset van die verwante behoeftes aan Mosaïekbedieninge te gee. Met die hulp van verskeie medewerkers kon die fasiliteite-span voortdurend operasionele doelwitte bereik deur advies van kenners in gebiede soos geboue-instandhouding, IT-ondersteuning, die tuine ens. ’n Hoogtepunt in 2011 was die verhouding wat daar ontwikkel het met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens. Vier geleenthede deur die jaar is geïdentifiseer waar die Bloeddiens, na oggenddienste, fasiliteite beskikbaar gestel het aan donateurs om bloed te skenk. Verder het ’n effektiewe, gestandaardiseerde manier van taakimplimentering binne die span bygedra tot ’n hoë standaard van ondersteuning in al Mosaïek se bedieninge, asook eksterne kliënte.
Voedseldienste
Coriander Caterers dien as voedseldiensverskaffer aan Mosaïek, en bied voedseldienste aan Mosaïek tydens Sondag-byeenkomste, vergaderings deur die week, bedieningsbehoeftes en ook aan eksterne kliënte wat van DJ Lifestyle gebruik maak. Natasha Johnson van Coriander sou na Kanada verhuis het, en gevolglik is die rol van voedseldiensverskaffer aan Red Dot Caterers toegeken deur ’n oop tender-proses wat aan ’n dienstermyn gekoppel was. Toe Coriander se planne verander het, is die geskiedenis en bestaande goeie verhouding in ag geneem, en is daar ’n hernieude kontrak met die verskaffer onderteken.
DJ Lifestyle
DJ Lifestyle t/a Mosaïek Lifestyle is eerstens daar om fasiliteite en lokale beskikbaar te stel en te koördineer om bedieninge so effektief moontlik te dien en te ondersteun in hulle rol, om hulle in staat te stel om te fokus op bediening. As rentmeesters is dit ons verantwoordelikheid om die hulpbronne (fasiliteite, lokale en spyseniering) na die beste van ons vermoë effektief te bestuur en beskikbaar te stel aan die gemeenskap rondom Mosaïek. Sodoende lei die gevolglike kostedelging tot die opheffing van bedieninge, asook die gemeenskap waarin die gemeente homself bevind. Eksterne gebeure wat deur Lifestyle gefasiliteer en koördineer word sluit onder meer in konserte, troues, konferensies, bekendstellings, vierings, privaat-dope en privaat-begrafnisse. Betroubare prosesse is in plek gestel om te verseker dat daar aan alle toepaslike wetgewing voldoen word, om te verseker dat alle gebeurtenisse ’n sukses is en aan bediening en eksterne kliënte se verwagtinge voldoen word. Vir elke funksie in die Mosaïek Teatro val die volgende koördinering en organisering onder DJ Lifestyle. Spesifieke goedkeuring word ten opsigte hiervan by Johannesburg Department of Health and Safety ingedien: Sekuriteit, parkering, en verkeersvloei word deur Dowry Consulting Services hanteer, saam met DJ Lifestyle se eie VOC (venue operating centre), Gesertifiseerde Mediese Personeel word beskikbaar gestel, indien nodig. Bystand van die Johannesburgse Metro Polisie (JMPD), indien nodig. ’n Amptelike aansoek vir die funksie word aan EMS voorgehou. Om die gemeenskap van en rondom Mosaïek te dien, is een van die grootste doelwitte. Om hierdie rede word Mosaïek se fasiliteite en lokale beskikbaar gestel vir gemeenskapsgebeure teen laer of geen koste. Gemeenskapsaktiwiteite wat op hierdie wyse ondersteun word is opleidings-, godsdienstige-, welsyns-, stads- en ander nie-winsgewende organisasies. Gemeenskapsgebeure gedurende 2011 het onder meer die volgende ingesluit: Fairland SAPS, Randburg SAPS, Campus Harvest en Laerskool Fairland.
Ondersteuningsdienste
Ondersteuningsdienste is daarvoor verantwoordelik om te verseker dat daar te alle tye aan relevante aspekte van die Arbeidswetgewing voldoen word. Die bediening ondersteun ook ander bedieningsleiers en werknemers in konflik en dissiplinêre aangeleenthede. Ondersteuningsdienste verleen ook stelsels en ondersteuning aan bedieningsleiers met betrekking tot werknemersprestasiebestuur. Verantwoordelikhede sluit ook in die effektiewe bestuur van menslike hulpbronne; personeelaanstellings – saam met bedieningsleiers; ontwikkeling en opleiding en werksevaluasie en vergoeding. In 2011 is talle poste se posbeskrywings herbesoek. Nuwe en huidige policies and prodecures is aangepas en in plek gesit. Daar word gepoog om voortdurend die proses te verbeter en daarom is daar ook ’n intranet geskep waar alle noodsaaklike menslike hulpbron-verwante dokumente te alle tye beskikbaar is vir personeellede.
Die herstruktureringsproses wat in die jaar ondergaan is, is grootliks deur die Die finansiële span is daar om Mosaïek en sy bedieninge te ondersteun om hulle finansies te beplan en bestuur. Ons bediening is daar om al Mosaïek se bedieninge te bedien. Mosaïek se finansiële span kan optimaal funksioneer met behulp van toegewyde en passievolle mense wat die
Potential Coach
Die diens wat deur Potential Coaching vervul word, behels die deurlopende uitdaging om beter selfbestuur en selfkennis, en die aanwending daarvan binne die werksomgewing en in span- en individuele funksionering. Deur die aanvullende gebruik van die Clifton Strengthsfinder- en DISC Persoonlikheidsprofiel-instrumente word daar merkbare resultate gesien in werkstevredenheid en werksprestasie. Hierdie diens word ook uitgebrei om medewerkers en medewerker-spanne, en elemente daarvan maak deel uit van die voorhuwelikse-kursus en ander egpaar-verwante omgewings.