Gemeentetuiste

Die Gemeentetuiste van Mosaïek

Mosaïek het hulle huidige gemeentetuiste wat in Fairland geleë is, op 13 Maart 2004 betreë, en amptelik op 9 April 2004 ingehuldig. 

Die fasiliteite bestaan uit 'n aantal geboue wat 'n sentrale Piazza met 'n fontein omring. 

Soos met die naam waarna die gemeente vernoem is, is daar verskeie kunswerke dwarsoor die fasiliteite sigbaar: van mosaïek-teëlwerk in die vloere, loodglasvensters wat die Klipkerk versier, 'n standbeeld deur Anton Smit, verskeie kunsuitstallings wat dwarsdeur die fasiliteite sigbaar is; is die argitektuur van elke gebou diep deurdag om te verteenwoordig wat ons hoop daardie gebou se skeppingsdoel sal wees. 

Met die hoop om 'n dorpsgevoel te skep, voeg elke gebou 'n unieke dimensie by tot die belewenis wat uniek Mosaïek is...

X
Loading