Each one should use whatever gift he has received to serve others, faithfully administering God's grace in its various forms.
(1 Peter 4:10)
Musikante en Sangers speel 'n integrale rol by ons verskillende Mosaiek byeenkomste en kom weekliks bymekaar om voor te berei.
Vir die wat net vir 'n spesifieke periode wil inskakel om saam ander medewerkers kreatief te journey, is projekte soos Meditations on Easter en Mosaiek Musiekblyspel die ideale geleentheid.
Musikante
Dromme, Baskitaar, Elektriese en Akoestiese Kitaar, Klavier en Klawerbord is die hoofinstrumente wat deel uitmaak van ons span.
Strykers, Blaasinstrumente en Perkussie, om 'n paar te noem, is van die instrumente wat ons by verskillende geleenthede of diensmomente gebruik.
Die Sondag AM diens musikante oefen op 'n Dinsdag aand 6.30 - 9.00 nm
Die Sondag PM diens musikante oefen op 'n Woensdag aand 6.30 - 9.00 nm
Sangers
Daar is 'n paar spanne waar sangers die geleentheid kry om te dien.
-
Die Sondag AM diens Voor- en Koorsangers oefen op 'n Donderdag aand 6.30 - 8.00
-
Die Sondag PM diens Voorsangers oefen op 'n Donderdag aand 8:00 - 9.00
-
Solosangers wat deel word van die span word per geleentheid genader en ingespan.
-
Klipkerksangers neem die leiding by ons Klipkerkdiens op 'n Sondag en oefen saam die middag voor die diens 4.30
Ander Bedieningsgeleenthede
In 'n groot gemeente soos Mosaiek is daar verskeie bedieningsgeleenthede vir die wat kom aanklop:
-
Musiekverwerkers
-
Musiek-/orkesleiers
-
Vokale verwerkers
-
Vokale afrigters
-
Liedjieskrywers
-
Administrasie
-
Begin 'n nuwe bediening ...
Kontak ons!
Verskeie van ons sangers en musikante het hulle plek van diens ontdek by ons, bloot deur aan te meld en saam met die span te ontdek en te groei.
Kontak gerus vir Johan Heystek (mentor-musikus) by johanh@mosaiek.com vir meer inligting omtrent die bediening.