
‘Wholeness' vorm ‘n integrale deel van Mosaïek se visie om op ‘n missionêre wyse saam met ander mense te groei in die kuns van die lewe.
‘Wholeness' is een spesifieke onderafdeling van dit wat alles gebeur by Mosaïek. Dit funksioneer op dieselfde vlak as aktiwiteite soos Prediking, Kunste, Uitreike en Evangelisasie, Nuwe generasie, Groepe en Bedienings en die Administratiewe en Logistieke afdelings in die gemeente.
‘Wholeness' se aktiwiteite word vanuit die ‘Wholeness' Sentrum gelanseer en bedryf. Die sentrum is gevestig in die 10Tien gebou tussen die klipkerk en die Genesis gebou.