Kinderdoop Registrasievorm

Baie geluk

God het julle uitgekies om ouers te wees vir julle baba. ‘n Wonder en ‘n voorreg, maar ook ‘n groot verantwoordelikheid.

Wanneer ons, ons kindjie laat doop, vra ons die Here se leiding, seën en beskerming. Dit is ook ‘n verbintenis om as ouers te doen wat Hy van ons verwag. Ons bely dat ons in ‘n verbintenis met God en Sy Woord wil leef en ons kindjie met Sy liefde grootmaak.
 

Algemene inligting

Kinderdoop vind gewoonlik die laaste Sondag van elke maand plaas (behalwe Januarie, April en Desember). Registreer asseblief voor of op die 1ste van die maand waarin jy jou kindjie wil doop. Slegs 5 gesinne per doopgeleentheid  kan geakkommodeer word, daarom moet vorms so gou moontlik terug gestuur word. Daar kan ook geleenthede wees waar doop alreeds vol bespreek is waarna jy dan vir 'n ander datum aansoek kan doen. Onvolledige registrasies moet ongelukkig oorskuif na die volgende maand se doop.

Registrasie kan elektronies gedoen word, via hierdie vorm.

Gewoonlik op 'n Saterdag, 2 week voor die doopdatum, vind ‘n verpligte toerustingsessie plaas. Dit word in die Genesisgebou aangebied, 10:30 - 12:00.  Dit is 'n saamgesels-geleentheid, propvol inligting, asook die geleentheid om julle as ouerpaar met God af te sonder in die Klipkerk, waar nagmaal bedien en 'n spesiale gebed gedoen word. Mosaïek sien hierdie byeenkoms as deel van die toewydingsgeleentheid.

Sodra ons die volledige registrasie ontvang het, sal ons u kontak met verdere reëlings.

Vir enige verdere navrae, kontak Raymond Nell (raymondn@mosaiek.com of 011 268 4723).

Maak van hierdie vorm gebruik vir jou kind se toewyding tydens ons maandelikse byeenkoms.
 

Kinderdoopinligting

Kies 'n doop datum van jou voorkeur.

Kies asb. die kinderdoop en gepaardgaande toerustingsessie van jou keuse.
(Kinderdoop-geleentheid vind plaas in die Klipkerk om 12:00)

Die voorkeur-byeenkoms waartydens die kindertoewyding kan plaasvind. (Alhoewel dit ongelukkig nie verseker kan word nie.)

Dui asb. aan of jy in Afrikaans of Engels bedien wil word.

Stel jy belang in 'n Engelse Doop

Vul hier besonderhede van die Ma in.

Selfoonnommer van die Ma kan hier ingevul word.

Vul hier besonderhede van die Pa in.

Selfoonnommer van die Pa kan hier ingevul word.

Werk kontakbesonderhede kan hier ingevul word.

Faksnommers kan hier ingevul word.

Huiskontakbesonderhede kan hier ingevul word.

Vul asb 'n epos-adres waar bevestiging en ander korrespondensie heen gestuur kan word hier in.

Kind se inligting

Verskaf hier inligting rakende die kind wat toegewy word.

Vul asseblief hier die noemnaam van die Kind wat gedoop word in.

Vul asseblief hier die volle name van die Kind wat gedoop word in, as dit verskil van die noemnaam.

Die Van van die Kind wat gedoop word kan hier ingevul word.

Vul asseblief hier die geboortedatum van die Kind wat gedoop word in.

Heg hier foto van die kind aan, wat ons kan gebruik om tydens die byeenkoms die kind aan die gemeente voor te stel. (Nie groter as 500Kb nie, en verkieslik in JPG-formaat.)

Artikels

X
Loading