'n Spesiale diens om 2010 mee af te sluit en om vir 2011 voor te berei - met Johan Geyser. (Nagmaal sal by die byeenkoms bedien word)
Die meisie bediening is uiteindelik hier!
Dit is 'n plek waar ons journey oor realiteite van die lewe, waar ons gesprekke voer wat nie altyd so maklik is om oor te praat nie, EN dit is 'n plek waar jy veilig vrae kan vra en jouself kan wees!
Waar kom ons bymekaar??? In die Mezzanine.
Ons nooi jou uit!
Oh ja en..................NO BOYS ALLOWED!
Wil jy meer uitvind oor Mosaïek, waaroor die gemeente gaan, en die journey waarvan almal praat? Die gespreksgeleentheid bied 'n kan om meer uit te vind oor ons spiritualiteit, raakvlakke waar die gemeente betrokke by is, en bied jou ook 'n kans om meer van die leiers te ontmoet. Registreer deur vam die vorm gebruik te maak by http://www.mosaiek.com/node/2075 .
Registreer hier vir die opwindende Formatio-inisiatief wat deur ons Nuwe Generasie-span aangebied word. Dit vind plaas in die vorm van 'n 6-week-uitdaging om te groei in jou verhouding met die Here, te ontwikkel in jou verhouding met hulle met wie jy jou lewe diep deel en te groei in jou bewustheid van jou eie skeppingsdoel om 'n verskil in die wêreld te maak. Registreer vir die inisiatief deur van die vorm gebruik te maak by http://www.mosaiek.com/node/1012 .