Events

« Woensdag February 22, 2012 »
Woens

CommUnity bied die Turbo-proses aan vir persone wat belangstel om deel te word van n kleingroep. Tydens hierdie 4 weke proses leer ken jy ander mense, ontdek saam hoe 'n lewe in community lyk, en hoe 'n kleingroep funksioneer. Uiteindelik word nuwe groepe deur die proses geloots. Die eerste Turbo-proses vir 2012 skop Donderdag 16 Februarie af om 19h00. Om te registreer, kontal Magda Botha magdab@mosaiek.com / 011 268 4704

 

Start: 22/02/2012
n.v.t.
Start: 22/02/2012 12:00

22 Februarie is die aanvang van Lydenstyd, en staan bekend as AsWoensdag. Dit verwys na die 6 weke voor PalmSondag, waar volgers van Jesus die antieke praktyke wat met afsondering en opoffering gepaardgaan omarm, ter voorbereiding vir Heilige Week. Daar sal op hierdie dag 'n byeenkoms in die Klipkerk om 12:00 plaasvind, met die ritueel van salf met as en olie. Rig navrae aan Jacques Borman.

X
Loading