Lydenstyd kulmineer in Heilige Week (13-17 April 2014), met Goeie Vrydag en OpstandingSondag. Hierdie naweek is 'n groot baken in ons geloof – vir wat dit vir ons verteenwoordig. 'n Hele aantal gedenk- en vieringsgeleenthede word vir die tyd beplan: Kruisstasies, kunsuitstallings en daaglikse Klipkerkbyeenkomste wat Jesus se laaste week voor sy kruisiging onthou.