Ons het verskeie terugvoerboodskappe oor vanjaar se Kruisstasies ontvang, wat toon dat dit vir baie ‘n diep spirituele ervaring was:
Dit is wonderlik. Elke jaar is dit soos ‘n terugruk na wat die lewe werklik oor is. Mens derail. Dit help net soveel meer om mens weer gefokus te kry en op die regte pad.
Die tyd van die jaar waarna Mosaïek die meeste uitsien, Paastyd, is verby vir 2010, en volgenspersoneel- en gemeentelede was dit weereens ‘n onvergeetlike ervaring.
Dit het begin met Lydenstyd, die 40 dae voor Paasnaweek waar Jesus se lyding, vóór sy kruisiging, onthou word. Dié vastydperk was vir baie ‘n diep spirituele ervaring.