Onderwerp “Kindertoewyding”

Spesiale byeenkomste

Daar word ook spesiale aandag gegee aan spesiale gebeure tydens ons byeenkomste soos Nagmaal (wat vier keer per jaar en op Goeie Vrydag en Oujaar bedien word, alhoewel dit deurlopend in die Klipkerk beskikbaar is), Doop ('n momentele gebeurtenis wat twee keer per jaar op 'n Sondag tydens ons byeenkomste plaasvind in die fontein in die middel van die Piazza) en ook Kindertoewyding (wat gewoonlik die laaste Sondag van elke maand, buiten Desember, plaasvind).

Kindertoewyding

Baie geluk

God het julle uitgekies om ouers te wees vir julle baba. ‘n Wonder en ‘n voorreg, maar ook ‘n groot verantwoordelikheid.

Wanneer ons, ons kindjie aan die Here toewy, vra ons vir Sy leiding, seën en beskerming. Dit is ook ‘n verbintenis om as ouers te doen wat Hy van ons verwag. Ons bely dat ons in ‘n verbintenis met God en Sy Woord wil leef en ons kindjie met Sy liefde grootmaak.
 

X
Loading