Verliesondersteuning (Grief Support)

Verlies Ondersteuningsgroep (GRIEF SUPPORT)

For death is no more than a turning of us over from time to eternity – William Penn
 
Om ‘n geliefde aan die dood af te staan is een van die moeilikste tye in ‘n mens se lewe. Om deur die hartseer van die verlies van 'n geliefde te kom, is `n proses, en soms kry mense nog baie swaar lank na die geliefde weg is.
 

Siekesorg

Siekesorg

Op een of ander stadium in ons elkeen se lewens word ons met siektes gekonfronteer.
 
Ons Siekesorg-bediening wil juis mense in hierdie tye van hul lewens bystaan. Die leier van die bediening, Dirk van Greuning, word deur ‘n baie bekwame span bygestaan en saam bied hulle die volgende dienste:

Seniors

Seniors

Mosaïek Seniors is `n lewensfase-bedieningsgroep vir persone 60 jaar en ouer. Die visie van die Seniors is om die Senior burgers so deel te maak van die bediening dat hulle werklik die liefde van Christus sal ervaar.
 
Die bediening word gelei deur ’n baie bekwame en toewyde span onder die leierskap van Gert en Christie Koen. Tans is daar ongeveer 120 mense wat deel uitmaak van hierdie bediening.
 

Oefengroepe

Oefengroepe

Pas jou liggaam op – beweeg hom!
 
Beweging is die teken en essensie van lewe. Die moderne lewenswyse dwing die mens om minder te beweeg. Daarom ly mense al meer aan hartkwale, diabetes, vetsug en depressie. Ons bied bewegingsklasse aan juis met die doel om vir ‘n uur lank te beweeg!
 

Materno

Materno

Die aankoms van jou nuweling bring groot verandering in jou en jou gesins se dinamika mee. Baie mammas ervaar dat hulle geïsoleer voel in die tydperk, en dat hulle dikwels niemand het waarmee hulle kan identifiseer of kan deel nie.
 
Materno (die Swangerskap- en Kraam-ondersteuningsgroep) skep ‘n ruimte waar mammas met soortgelyke omstandighede hul ervarings kan deel en van mekaar leer.
 

X
Loading