Harmonia - Feminae se kleingroep begin die eerste Woensdagaand in September van 19:00 – 20:00 by Maluti-rylaan 89 in Northcliff. Vir verdere navrae of om te kom inskakel by ons, kontak gerus vir Tertia Jacobs 084 664 0922 of Nadine Van Der Wateren 083 406 0054.
Tema Wegbreek kamp: Bruid van Christus Dit is weer tyd om te bespreek vir die jaarlikse Feminae kamp.
Feminae het hierdie jaar met die tema; Bruilof, gewerk en ons onderwerp hierdie maand is "From Ashes to Beauty". Ons moet reg wees as bruide want die Bruidegom is oppad, maar hoe doen jy dit as jy jou as-kleed oor jou wil gooi soos Job?
Dit is Oktobermaand en Borskankermaand. Dit is ook ons laaste onderwerp van die jaar. Die laaste voorbereiding vir die Bruidegom. TERTIA NEL, het 'n baie besonderse stukkie getuienis wat gedagtes by jou laat van God se Soewereiniteit, Almag en Ontsettende Genade. Sy kom haar borskanker storie met ons deel.
Dit is heerlike Lente en die Winter is verby.... Lente herhinner ons aan die belofte van Somer, vars, vrolik en verlief wees. Ons tema vir die jaar was deurgaans rondom die Bruid van Christus wat moet gereed wees want die Bruidegom kom. Hierdie maand gaan Gesilla met ons die kosbare boek van Hooglied deurgaan en net dalk leer ons ervares... iets nuut...Gesilla Fick, vertolk Hooglied briljant en deurgans hoor jy Vader God se stem.
Kinder toesig is beskikbaar. Vir verdere navrae kontak Nadine Van Der Wateren te 083 406 0054