By Feminae vul ons; ons Bruilof tema aan met 'n onderwerp wat dikwels so naby ons harte is en nogtans sukkel ons so om dit in die oë te kyk. "In My Winter" gebeur ook wanneer jy gereed moet maak vir die Bruilof.
Lindie Gouws, van MY WORLD MINISTRIES gaan met ons gesels rondom God se plan vir ons In ons Winter seisoen.
Ons by Feminae fokus hierdie jaar met al ons onderwerpe rondom die tema "Bruilof". Ons moet gereed maak, want ons Bruidegom is oppad. Wanneer jy met jou eggenote in die eg verbind word leerken jy vooraf sy familie en hoor jy van hul tradisies en gewoontes. Jesus ons Messias, het gekom eers as mens, sodat ons die lewe kan beërwe en daarom vier en herdenk ons die Pase.
Feminae se jaarlikse kamp word hierdie jaar weer by Agterbergh aangebied. Die tema is "In die tuin van God" aangebied deur Retha McPherson en Marielle de Vos. Vir meer besonderhede kontak Nadine van Wateren by 083 406 0054.
Feminae bied aan: Uit die fontein van God se waarheid, aangebied deur Hanlie Kotze. Kom deel gerus in hierdie besondere aan, gehou in die Mezzanine op 13 Oktober. Vir meer inligting kontak vir Nadine van Wateren 083 406 0054
Milla gaan saam met ons kuier die 21ste April en kom behandel Gal. 5: 22, 23. Sy kom breek die Woord vir ons. Soos varsgebakte brood gaan sy dit vir ons uideel. In stukke en stukkies oop breek, na gelang van elkeen se behoefte.
Kom deel saam met ons. In stilte gaan ons weer by die voete van ons Here sit; waar ons opnuut weer kan salf vir ons ou en nuwe wonde kry; om sodoende in volheid uit te kan reik na ander.
Sien uit om jou daar te sien
Nadine