Onderwerp “Fietsry”

Fietsry @ Mosaiek

Die speke sing op die oop pad terwyl jou bene,hande en kop in sinergie saamwerk. Fietsry@Mosaiek bring liefhebbers van fietsry bymekaar - om ons passie te deel, saam te ry en ontwikkel.

Fietsry@Mosaiek is ‘n saamry-groep - gemik op die sosiale fietsryer wat graag in ‘n groter groep ry. Geen klubfooie is betaalbaar nie en geen verpligte klere word gedra nie, aangesien ons nie as ‘n klub funksioneer nie.

Wêreldrekord opgestel by Mosaïek

Ses fietsryers van die Wesrand, onder andere Johan Geyser, het op Saterdag 4 Februarie 'n nuwe wêreldrekord opgestel vir die afstand wat op 'n statiese fiets binne 24uur opgestel kan word. Die vorige rekord van 1335 km is deur 'n Amerikaanse span fietsryers opgestel; en die Suid-Afrikaners het reeds teen 14:30 (2,5 ure voor die 24 uur om was), die vorige rekord in vlarde laat spat.

Fietsry

01/10/2011 06:00

Die Mosaiek Fietsrygroep gaan komende Saterdag weer so tussen 15 en 30km ry en vertrek vanaf Riverstone Lodge (Stone Cradle) in Mulderdrift. Daar sal ’n Mosaiek banner sigbaar wees.

Tyd: 6:00 vir 6:30.

Enige navrae, kontak gerus vir Johann Knoetze by johann.knoetze@gmail.com of 071 572 8300.

Fietsry

24/09/2011 06:00

17/09/2011 06:00

10/09/2011 06:00

Lente is hier en die Momentum 94.7 Cycle Challenge is minder as 3 maande weg!

Ter voorbereiding gaan ons Fietsry-groep weer Saterdae-oggende begin oefen. Die 1ste oefensessie (tussen 15 en 30km) vind plaas op Saterdag 10 September vanaf Stone Cradle in Muldersdrift. Ontmoetingstyd is 6:00 vir 6:30.

Dit is van groot belang dat jy asb vir Johann Knoetze laat weet indien jy wil gaan saamry, sodat hy weet vir wie om te wag by die vertrekpunt. Daar sal ‘n groot Mosaïek banner wees.

Momentum 94.7 Cycle Challenge

Hier is ‘n uitdaging om iets te doen wat werklik die moeite werd is...

MES is ‘n organisasie wat omgee vir die haweloses in Johannesburg, Kaapstad, Port Elizabeth en Kempton Park. Hulle maak ‘n groot verskil in die lewens van die armes.

Hier is die uitdaging: kom ry die 94.7 Momentum fietstoer met ’n MES-kaartjie.

Jy kry:

Fietsry Leierskapsgesprekke

24/07/2011 17:45
24/07/2011 18:30

Viaticus 101

Ons wil graag saam gesels oor die leierskap van hierdie belangegroep in die toekoms.

Ons fietsry belangegroep se leier het uitgetree en ons is dus opsoek na ’n nuwe span leiers om hierdie belangegroep vorentoe te lei. Ons wil wegbeweeg van ’n leierskapsstelsel waar al die groep se reelings deur 1 leier behartig word. Ons wil graag ’n span leiers saamstel en vir elke lid van die span geleentheid gee om ’n spesifieke rol of funksie binne die groepsleierskap te vervul.

Meer oor Fietsry - Video

Die leierskap van Fietsry deel meer oor hierdie bediening.

X
Loading