Onderwerp “E-pos Nuusbrief”

Maandelikse nuusbriewe oor gebeure in die gemeente.

Januarie 2012 E-pos Nuusbrief


Januarie 2012...

Welkom in 2012…
Dis ’n nuwe jaar, en ons het soveel om na uit te sien in 2012. Ons gaan sekere inisiatiewe herbesoek, daar is ’n hele aantal gebeure op die kerkkalender wat na aan ons hart lê en ons is opgewonde oor nuwe opwindende verwikkelinge binne die gemeente.

***

Aandbyeenkomste vervroeg

Vanaf 8 Januarie 2012 vervroeg ons aandbyeenkomste en Klipkerkdienste op ’n Sondag met ’n halfuur. Die Klipkerk sal dan om 17:30 plaasvind, en die aanddiens om 18:30. Ons sien uit na die impak wat dit op ons community en saam-kuier op ’n Sondagaand kan hê.

Preekreekse

"Dís waaroor dit gaan" met Johan Geyser

"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete." (Matteus 22:37-40)

8 Januarie, Om God lief te hê - Johan Geyser
15 Januarie, Om jouself lief te hê - Johan Geyser
22 Januarie, Om ander lief te hê - Johan Geyser

***

Planet J en Mezo

Mosaïek se laerskool- en hoërskoolbedienings, Planet J en Mez’o heropen op Sondag 22 Januarie.
Indien jy jou kinders by een van die bedienings wil registreer, kan jy ’n registrasievorm by die
i-desk kry, of jy kan die vorm vir Planet J en Mezo invul op mosaiek.com.

Vir meer inligting oor Planet J of Mezo, kontak gerus vir Roelof Nel of Miranda Wentzel.

***

Akademie

Die Mosaïek Akademie word in Januarie 2012 geloods, waardeur 6 programme aangebied word wat deur SATS aanvaar word met die oog op voltooiing van 'n B.Th-graad in Teologie.

Die Akademie kan jou help om jou roeping te ontdek. Jy kan ook deur die proses duidelikheid kry oor jou roeping in jou huidige omstandighede, of die studies kan jou toerus vir 'n totaal nuwe rol wat jy moontlik in die toekoms kan vervul. Kursusonderwerpe sluit in Jeugwerk, Musiek en Spiritualiteit, Leierskap, Spiritualiteit, Pastorale Sorg en Geestelike Begeleiding.
Dié modules word bekostigbaar aangebied as 'n kombinasie van klasloop én afstandstudies. Die leerervarings duur vanaf 1 Maart tot 30 Oktober 2012.

Indien jy belangstel vul gerus 'n 'hou my ingelig'-poskaart in by die i-desk of hierdie webvorm.
Navrae kan gerig word aan Baretta Nel 011 215 7202 / barettan@mosaiek.com

Kyk gerus hier wat Johan Geyser vertel oor die Akademie.

***

Mosaïek Community

'n Belangrike beweging in spiritualiteit is dié van isolasie na community.
Die Community-span beywer hulle om prosesse, spasies en bedieninge daar te stel om in die behoefte te voorsien.

In 2012 nooi ons jou om ons te kontak as jy wil deelraak by kleingroepe en community-bedieninge.
Kom kuier saam op die Piazza Sondag 5 Februarie met Visie-Sondag.

Besoek gerus die community-bladsy op ons webwerf vir meer inligting of kontak Pieter le Roux of Jacques Bornman.

Dienswerkgeleentheid

Daar is verskeie dienswerkgeleenthede by Mosaïek as deel van verskeie spanne in verskillende arenas. Indien jy dit oorweeg om by een van die spanne in te skakel in 2012, gesels met Pieter le Roux / 011 268 4712.

Ons profiel op Twitter

 

Ons Podcast-kanaal

 

Ons algemene e-pos adres

 

Ons Facebook-page

facebook twitter
 

Powered by Mad Mimi®

Desember 2011 E-pos Nuusbrief


Desember 2011 ...

Ons wil graag vir jou en jou gesin ’n wonderlike Kerstyd toewens. Mag hierdie seisoen, as ons die geboorte van Jesus herdenk, gevul wees met vreugde, vrede en liefde.

Geseënde Kersfees.

***

Kerstyd dienstye

2011 is amper verby en ons herinner jou graag aan die dienstye tydens die Kersseisoen.

04 Desember: 08:30, 10:15 en 19:00
11 Desember: 08:30, 10:15 en 19:00
18 Desember: 09:00 (Slegs EEN oggenddiens) en 19:00 – Kerssangdiens
24 Desember: 18:00 (Herhaal op 25 Desember)
25 Desember: 09:00 (Geen aanddiens, buiten Klipkerk om 18:00)
31 Desember: 18:00 (Herhaal op 1 Januarie)
01 Januarie: 09:00 (Geen aanddiens, buiten Klipkerk om 18:00)
08 Januarie: 08:30, 10:15 en 18:30 (Klipkerk vind om 17:30 plaas)

Preekreekse

Want 'n Kind is vir ons gebore...

"Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem:
Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors." (Jesaja 9:5)

27 November, Wonderbaar - Johan Geyser AM - Pieter le Roux PM
04 Desember, Immanuel - Trevor Hudson AM - Roelof Nel PM
11 Desember, Everlasting Father - Trevor Hudson AM - Jacques Bornman PM
18 Desember - 09:00, Sterke God - Stephan Joubert
18 Desember - 19:00, Spesiale Kerssangdiens
24 Desember - 18:00 & 25 Desember - 09:00, Vredevors - Johan Geyser
31 Desember - 18:00 & 1 Januarie - 09:00, Niks beter as vrolik wees nie... - Stephan Joubert

Gemeentekantore sluit vir die vakansie.

Die gemeentekantore sluit vanjaar op 15 Desember en heropen op
3 Januarie 2012.

In 'n noodgeval maak gerus gebruik van die Pastorale Sorg Noodlyn by 082 372 6818, of vir enige ander inligting besoek gerus mosaiek.com.

***

Aandbyeenkomste vanaf 8 Januarie 2012

Om ’n groter impak op ons community en saam-kuier op ’n Sondagaand te hê, word ons aanddienste en die Klipkerkbyeenkomste op ’n Sondag albei met ’n halfuur vervroeg. Die Klipkerk sal dan om 17:30 plaasvind, en die aanddiens om 18:30.

***

Missional Expressions - Peace Project

Oor die volgende maand of wat pak ons saam met Missional Expressions die Peace Project vir 2011 aan. Ons wil hierdie jaar ons fokus plaas op Hospice, seniorsorg, hospitale, sekuriteitswagte by ons komplekse asook Fairland Polisiestasie.

Daar is koeverte beskikbaar waarop jy kan aandui of jy op Kersdag wil help pakkies uitdeel en of jy ‘n finansiële bydrae wil maak. Omdat Kersdag op ‘n Sondag val, gaan dit great wees as mense direk na die dienste ‘n pakkie of pakkies kan gaan afgee voor hulle huistoe gaan.

Indien jy by die projek wil inskakel, of vir meer inligting besoek die toonbank in die ingangsportaal, of kontak Nerina Reinach / 011 268 4702.

Akademie

Die Mosaïek Akademie word in Januarie 2012 geloods, waardeur 6 programme aangebied word wat deur SATS aanvaar word met die oog op voltooiing van 'n B.Th-graad in Teologie.

Die Akademie kan jou help om jou roeping te ontdek. Jy kan ook deur die proses duidelikheid kry oor jou roeping in jou huidige omstandighede, of die studies kan jou toerus vir 'n totaal nuwe rol wat jy moontlik in die toekoms kan vervul. Kursusonderwerpe sluit in Jeugwerk, Musiek en Spiritualiteit, Leierskap, Spiritualiteit, Pastorale Sorg en Geestelike Begeleiding.
Dié modules word bekostigbaar aangebied as 'n kombinasie van klasloop én afstandstudies. Die leerervarings duur vanaf 1 Maart tot 30 Oktober 2012.

Indien jy belangstel vul gerus 'n 'hou my ingelig'-poskaart in by die i-desk of hierdie webvorm.
Navrae kan gerig word aan Baretta Nel 011 215 7202 / barettan@mosaiek.com

***

Planet J en Mez’o

Mosaïek se laerskool- en hoërskoolbedienings, Planet J en Mez’o sluit 4 Desember 2011 en heropen weer 22 Januarie 2012.
Tydens die feesseisoen gaan daar wel “activity packs” vir Planet J kinders voorsien word.
Vir meer info oor registrasies vir 2012 kontak gerus vir Planet J en vir Mez’o.

***

Dienswerkgeleentheid

Daar is verskeie dienswerkgeleenthede by Mosaïek as deel van verskeie spanne in verskillende arenas. Indien jy dit oorweeg om by een van die spanne in te skakel in 2012, gesels met Pieter le Roux / 011 268 4712.

Ons profiel op Twitter

 

Ons Podcast-kanaal

 

Ons algemene e-pos adres

 

Ons Facebook-page

facebook twitter
 

Powered by Mad Mimi®

November 2011

Oktober 2011


Oktober 2011 ...

Oktobermaand het 'n fasinasie van sy eie by Mosaïek. Daar is 'n natuurlike buzz op ons gronde soos daar voorbereidings getref word vir Missional Expressions se Arts & Crafts Expo, soos ons begin rondskarrel en drome en planne beraam vir 2012, en opgewonde begin raak oor ons gemeente se jaareindfunksie, Silwer Mossie.

Heelparty verwikkelinge is op die kaarte, en ons hoop om jou meer daarvan teen Silwer Mossie te vertel, maar in aanloop van hierdie seisoen, is ons baie geïnspireerd oor die reeks wat nou in Oktober plaasvind: "Ontmoet Jesus weer. Vir die eerste keer."

Kom reis saam, soos ons opnuut besef dat God altyd groter en meer is, as wat ons mag dink.

***

Ontmoet Jesus weer. Vir die eerste keer.

“At one time we thought of Christ merely from a human point of view. How differently we know Him now!” (1 Kor 5:16 / NLT)

Van 2 tot 23 Oktober

***

'n Opwindende maand by Missional Expressions

Die Expo het ’n trotse geskiedenis, waarin daar nodige fondse ingesamel is vir organisasies en projekte soos: Florida Babahuis, Forest Farm, Wes Rand Christelike Sentrum, Laerskool Esperanza, Laerskool Dowling, Roodepoort Children’s Court, Wes Rand Voedselskema en Emthonjeni Community Centres.
Indien jy meer wil uitvind oor Missional Expressions en al die aktiwiteite en inisiatiewe, kontak gerus vir Nerina Reinach / 011 268 4702.

Expressing Hope Benefit Concert

Die Expressing Hope Benefit Concert is ’n inisiatief van Mosaïek se Missional Expressions-span, om fondse in te samel vir hulle verskeie maatskaplike opheffingsprojekte. Kunstenaars wat as deel van Expressing Hope gaan optree is Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, NaviRedd, The Dahlings en Marlee van der Merwe.
Kaartjies is beskikbaar by Mosaïek, op Computicket en op mosaiek.com.
Vir meer inligting, kontak gerus vir Estelle Mengel / 011 268 4779.

Arts & Crafts Expo 2011

Die Arts & Crafts Expo is Missional Expressions se jaarlikse fondsinsameling en vind plaas van 25 Oktober tot 5 November. Die mark spog met 200 uitstallers wat eksklusiewe hoë kwaliteit produkte verkoop soos juweliersware, sjokolade, keramiek, piouterware en nog vele meer.
Omtrent 22 000 mense woon dié mark elke jaar by. Kliek gerus hier om meer oor die Expo te lees, of gesels met Sonja van Muylwyk / 011 268 4784.

Outdoor Lifestyle Expo 2011

Ons nuwe Outdoor Lifestyle Expo op die naweek van 27-29 Oktober, se fokus val op die buitelewe en aktiwiteite vir die hele familie, wat waarde toevoeg tot die reeds suksesvolle mark.
Om meer oor dié Expo uit te vind, kontak vir Estelle Mengel / 011 268 4779.

***

Silwer Mossie: 11/11/11

Dis amper weer tyd vir ons jaarlikse Gala-geleentheid, Silwer Mossie, waartydens ons vir al ons medewerkers, gemeentelede, donateurs en mense wat Mosaïek hulle geloofstuiste noem, dankie sê vir hulle onmisbare insette deur die jaar. Dit vind plaas op Vrydagaand 11 November, so hou solank dié datum oop op jou kalender.
Om te RSVP, vul asb. hierdie webvorm in, voor of op 4 November, of besoek enige Sondag die toonbank in die Teatro se ingansportaal. Vir meer inligting gesels met Braam Bredenkamp / 011 268 4781.

***

Afsonderingsgeleentheid vir Graad 11's

Baie belangrike besluite word in Gr. 11 geneem, en een van die grootstes is om te begin dink aan wat jy wil gaan studeer. Ons Gr. 11’s word op 30 Oktober tydens die aanddiens afgesonder, wanneer ons saam met hulle wil opgewonde raak en droom oor hulle toekoms.
Indien jy meer oor die afsondering wil uitvind, kontak gerus vir Miranda Wentzel / 011 268 4776.

***

Ons profiel op Twitter

 

Ons Podcast-kanaal

 

Ons algemene e-pos adres

 

Ons Facebook-page

facebook twitter
 

Powered by Mad Mimi®

Dankie dat jy op ons nuusbrief ingeteken het.

Jy is nou ingeteken op ons databasis vir e-pos nuusbriewe, en jy behoort binnekort jou eerste kommunikasie te ontvang.

Indien jy sou wou 'Unsubscribe' van die lys af, maak gerus gebruik van daardie funksionaliteit onder aan elke nuusbrief wat ons uitstuur, anders rig net 'n navraag daaroor aan info@mosaiek.com .

 

Teken in op ons E-Pos Nuusbrief

Ons e-pos nuusbrief verskyn gewoonlik maandeliks, en daarop kan jy meer inligting bekom van preekreekse, skakels na video's, projekte wat voorlê, en dalk meer uitvind oor inisiatiewe wat tans aan die gang is. 'n Argief van vorige nuusbriewe is beskikbaar hier.
 
X
Loading