Is jy tans op kraamverlof?
Nuwe mammas word genooi om weekliks in n ondersteunings groep bymekaar tekom vir n informele gesprek rondom die vreugdes en sorge wat moederskapmeebring, van brand boudjies, winde, doeke tot baby blues!
Die babatjies word elke week geweeg en gemeet om hulle vordering te volgdeur ons vroedvrou, Tracy van der Merwe. Sy beantwoord ook graag enige vrae wat mammas het.
Kom geniet ‘n koppie tee en lekker geselskap elke Vrydag oggend 10:00. Kontak gerus vir Corli Balt by 011-2684753
Die aankoms van jou nuweling bring grootverandering in jou en jou gesins se dinamika mee. Baie mammas ervaar dat hullegeisoleer voel in die tydperk, en dat hulle dikwels niemand het waarmee hulle kan identifiseer of kan deel nie.
Die swangerskap en kraam ondersteunings groep wiln ruimte platform bied waar mammas met soortgelyke omstandighede hul ervaringskan deel en van mekaar leer.