Die Klipkerk is tot mense se beskikking om te gebruik as 'n plek van gebed, stilte en afsondering. Die belewenis kan verryk word deur te verstaan wat die denke agter die bou van hierdie wonderlike plek van afsondering was. Hier volg 'n paar gedagtes rondom die rol van die Klipkerk in die spiritualiteit waarna ons streef in Mosaïek Gemeente.