Onderwerp “Maximus”

Maximus Mannebediening

Ons Visie en Doel:  

Manne wat geroep en toegerus is om dienaarleiers te wees in hulle gesinne of toekomstige gesinne, werksplekke en/of gemeenskappe en om as liggaam van Christus saam God se Koninkryk uit te bou.

Wie bedien ons?

Die mannebediening bedien volwasse mans van alle ouderdomme, met ‘n spesiale fokus op manne van die Mosaïek-gemeente.

Doelwitte

Die mannebediening wil ‘n ruimte skep waar:

Maximus Manne-Ontbyt

29/10/2011 07:00
29/10/2011 09:30

Maximus (Mosaïek se Mannebediening) bied 'n manne-ontbyt aan by die Roodepoort Country Club. Die spreker, Adriaan Vlok, gaan sy hart kom deel oor vergifnis.

Datum: Saterdag 29 Oktober 2011

Koste: Gratis (Donasies sal opgeneem word).

RSVP: Maandag 24 Oktober 2011 (sodat ons vir jou kan voorberei).

Vir enige navrae of om hiervoor te registreer, kontak gerus vir Pieter van der Walt by bathrooms@tiscali.co.za of 082 820 1519.

Maximus Mannebediening Retreat

16/09/2011
18/09/2011

Maximus Mannebediening Retreat (onder leiding van Neels vd Bergh)

Tema: Man na die hart van God...

Plek: Origins

Koste: R900 per persoon

Vir enige navrae en registrasie, kontak gerus vir Pieter van der Walt by 082 820 1519.

Maximus Mighty Dads & Lads Konferensie

03/09/2011
04/09/2011

Mighty Dads & Lads konferensie vind hierdie jaar op 3 en 4 September 2011 plaas op Alma Mater Akademie, Krugersdorp, se skoolgronde.

Dit is sommer ‘n lekker kuier-en toerustingsgeleentheid vir pa’s en seuns.  Almal slaan tent (of karavaan) op die hokkieveld op, ons het die Saterdag twee afsonderlike “speeltye” opsy gesit waartydens ons aktiwiteite beplan sodat pa’s en seuns tyd saam kan spandeer. Sondag is die ma's en sussies baie welkom en dan hou ons sommer as gesinne saam kerk.

Weeklikse Klipkerkbyeenkomste

Ons herinner jou graag aan ons weeklikse Klipkerkbyeenkomste, Vrydae- en Saterdae-oggende, in die Klipkerk by Mosaïek.  

Wat doen ons? Ons kom informeel bymekaar, ondersteun mekaar, bid saam of luister na hoe Jesus ons aanraak en lei. Ons wil 'n veilige, kom-soos-jy-is-ruimte skep vir manne om hulle lewens diep te deel. Verhoudings ontwikkel hier uit Sy genade, liefde en waarheid.

Meer oor Maximus - Video

Die leierskap van Maximus deel meer oor hierdie bediening.

Maximus Toerustingsessie

26/05/2011 19:00
26/05/2011 20:30

Ons wil jou graag herhinder aan ons maadelikse gratis toerustingsessie, elke laaste Donderdagaand van die maand.

 

Tema: Die fondasie van ons geloof aan die hand van die tabernakel

 

Spreker: Johan Woest

 

Datum: 26 Mei 2011

 

Tyd: 19H00 - 20:30

 

Plek: Genesis Hoofstuk 1, Mosaiek Gemeente,

Danielle straat (af van Davidson straat/ 14de laan), Fairlands 

Maximus Toerustingsessie

24/02/2011 19:00
24/02/2011 20:30

Hiermee 'n herinnering aan ons maandelikse informele saamgesels oor Die Woord, elke laaste Donderdagaand van die maand.  DIS NOU KOMENDE DONDERDAGAAND!!!

Plek:  Mosaiek gemeente, Fairland – Genesis Hooftstuk 1 lokaal

Tyd:  19:00 - 20:30

Tema:  Ons gesels die Donderdag oor die houvas van Pornografie. “Die krag van sonde lê in die geheim daarvan”

Dit is nie noodwendig dat ons self n probleem daarmee het nie, maar ons kan altyd leer om iemand anders te help.

Maximus Manne-ontbyt te Ramkietjie Country Restaurant, 35 Peter Road, Honeydew/Ruimsig

20/03/2010 08:00
20/03/2010 10:30

Kom geniet 'n volle buffetontbyt saam met ons manne.

Tema:  Wat is jou koninkryksmandaat, meneer?

Spreker:  Johan Woest

Kaartjies: Pieter van der Walt 0828201519 of e-pos bathrooms@tiscali.co.za

Prys:  Alles ingesluit - R 75-00.  Ons sal 'n kollekte opneem vir die spreker. 

X
Loading