Onderwerp “Inspirerende Kunste”

Willow Creek Global Leadership Summit

04/10/2013
05/10/2013

GLS 2013

The Global Leadership Summit is a trusted, high-caliber event that’s designed to transform Christian and Business leaders on behalf of the local church with an annual injection of vision, skill, development and inspiration.

To register, please visit willowsaonline.co.za.


Pizza aand met Nancy Beach: Coaching & Mentoring

29/05/2012 18:00
29/05/2012 20:00

Inspirerende Kunste Retreat #2

29/06/2012 17:30
30/06/2012 15:00

Inspirerende Kunste Retreat #2
Saam met die BelewenisOntwerp-span

Wanneer:18:00 - Vrydag, 29 Junie 2012 tot 15:00 - Saterdag, 30 Junie 2012
Waar:Origins, Kromdraai (Link na padkaart)
Vir wie:Persone binne ons span wat eenkant wil kom, stilword, en met die Here connect, rondom tema's uit Trevor Hudson se boek 'Questions God asks us'. Ons nooi JOU uit!

Salvation Army se orkes kuier by Mosaïek

Salvation Army se Orkes kuier by Mosaïek

Op Oukersaand en Kersdag 2011 het die Salvation Army by Mosaïek gekuier. Hulle orkes het voor en na die Kersdienste ’n gesellige atmosfeer geskep op die Piazza en hulle musiek met ons gedeel.

Ons voel bevoorreg dat hulle soveel bygedra het tot ons Kersbelewenis in 2011.

ArTimes Januarie 2012

ArTimes Desember 2011


Desember 2011 ... Nuusbrief #4

Dis Desember!
Ek kan nie glo hoe hierdie jaar gevlieg het nie. As ons so terug kyk dan staan daar soveel great momente, dienste, geleenthede en ministry tye uit! Ons wil as Inspirerende Kunste graag al hierdie hoogtepunte celebrate en vir julle dankie sê vir 'n ongelooflike jaar! Ons sien uit om die advent seisoen saam met julle in te gaan en te vier!
Groete
Diani

***

ArtSync is die Inspirerende Kunste van Mosaïek se maandelikse 30minute byeenkoms op die eerste Dinsdagaand van elke maand - vir alle kunstenaars in die gemeente.

ArtSync - 6 Desember 2011

Op Dinsdag 6 Desember is ons laaste ArtSync geleentheid vir 2011 in Viaticus 102, om 18h30 vir 19:00. Ons gaan saam kuier en als wat 2011 ingehou het celebrate.

Al ons kunstenaar-medewerkers is genooi! Daarna sal ons in groepe verdeel vir ons onderskeie jaareindfunksies soos binne jou bediening gereël. Ons sien uit om jou daar te sien! RSVP asb by Diani of direk by jou bedieningskakelpersoon.

***

Geseënde Kersfees

Ons wens graag vir elkeen van ons kunstenaar mede-werkers 'n gesëende en spesiale Kers-seisoen toe. Mag God se vrede oor hierdie vakansieseisoen by elkeen van julle wees. En mag die liefde van die Seun aan die kruis steeds uitstaan as die grootste geskenk wat ons nog ooit ontvang het.
Geseënde Kersfees.

***

Desember Dienstye...

Is jy hier Desember maand? Stuur asb jou beskikbare datums deur aan jou onderskeie bedieningsleiers.
Hieronder is die verskeie dienstye wat voorlê:
04 Des: 8h30; 10h15 & 19h00
11 Des: 8h30; 10h15 & 19h00
18 Des: 9h00 & 19h00 (Kerssangdiens PM, Calltye vir PM sal vroeër skuif)
24 Des: 18h00 & 25 Des: 9h00 (Kersdiens –dieselfde journey & teams, Calltye op 25/12 sal later skuif)
31 Des: 18h00 & 1 Jan: 9h00 (Oujaarsdiens –dieselfde journey & teams, Calltye op 01/01 sal later skuif)

***

Ons celebrate en sê totsiens... Nell Kirsten

Eers het ek 'n musiek akademie by Johan Heystek geloop en so vir Hennie, Frans en Tiaan ontmoet en dit was die begin…
Ek het 'n paar jaar terug die blyspel gesien en dit was vir my die dryf om in te sluit by julle. Ons spirituele tyd in Mosaïek was die beste van ons lewe, en dis 'n emosionele koebaai… Die plek het iets in my en Mariana se lewe ontvlam wat ons nie geweet het bestaan nie!

Ons pad vorentoe? Dit is in die groot PA se hande. Al wat ons weet is dat 5 jaar se gebede om kaap toe te gaan en vir Nehan n goeie opvoeding en veilige lewe te skep, is beantwoord. Ons eerste vraag wat ons onsself gevra het toe ons hoor dat Mariana verplaas is en dat ons definitief nou kaap toe sal moet trek, was nie:"waar gaan ons bly?" of "waar gaan ons geld kry om te trek" nie….nee, ons het onsself afgevra :"sal ons weer so n kerk/gemeente kan kry soos Mosaïek".

Thanks vir julle vriendskap. Die klein goedjies, smiles, dankies, tjoklit op die sounddesk op 'n sondag, en net vir daai ding wat julle uitstraal. Jy wil dankie aan my sê….NEE, EK SE DANKIE VIR JULLE!

Ons WIL dankie sê Nell! Dankie vir jou tyd by ons, jou hart en jou dedication. Julle sal baie gemis word! Baie sterkte met die nuwe seisoen wat vir jou en jou gesin voorlê.

***

Save the Date - 2012

In Desember-maand begin almal reeds dagboeke beplan vir die nuwe jaar, so hier is solank 'n paar 'save the date' geleenthede.

ART'SYNCS 2012
*20 Feb
*7 Mei
*30 Jul
*15 Okt

KUNSTE RETREATS 2012
*15-17 Maart
*28-30 Junie
*13-15 September

***

PM Dienstyd 2012

Na aanleiding van ons meningsopname verlede maand het ons die besluit geneem om ons aanddiens se tyd vir volgende jaar aan te pas en met 'n half uur vroeër te skuif. Dit beteken die PM diens sal om 18h30 begin en sal ook 'n impak op ons calltye hê, asook klipkerk op 'n Sondag. Neem asb kennis hiervan, ons sal nader aan die tyd vir julle die nuwe calltye deurgee!

***

Ook in die kollig.

Baie sterkte aan Morné Du Toit (drama/blyspel), regisseur van die film Hoofmeisie wat vanaand (1 Des) premier by The Zone en amptelik launch in cinemas vanaf 23 Desember! En ons eie Deidre Fabel (drama/blsypel) en Johann Grobler (musiek) speel ook as akteurs in die film, ondersteun hulle as jy naby 'n Numetro is oor hierdie tydperk!
Helene Bester (itemsanger) se CD is amper oppad en hulle be-oog om in Maart/April 2012 vry te stel. Gaan loer gerus na haar musiek video van Ek wou jou gesoen het op YouTube: Helene Bester YouTube Sy het ook 'n vol program gedurende Desember so as jy in Durbanville, Belville, George, Jeffriesbaai of Mosselbaai gaan uithang epos haar vir show info, by helenebester@gmail.com.
Nadia Beukes met Die Dahlings het ook 'n paar optredes wat voorlê in Cinema Wow by die Joburg Theatre op 2,3 en 4 Des. Ondersteun hulle gerus! Kaartjies by www.joburgtheatre.com.
Amori van Zyl (Dans/Drama/Blyspel) het haar eie skrywers blog so bietjie meer as 'n jaar gelede begin...the blog celebrating love, life, poetry and all that is beautiful in the world, volg haar by Afrodite

***

Suzanne Rentzke stel haar album vry

Suzanne Rentzke (voorsanger) het onlangs haar album voltooi en is besig met voorbereiding vir 'n formele launch in 2012 asook 'n video wat in die nuwe jaar geskiet sal word.
Vir aankope kan jy haar sommer direk kontak by info@suzannerentzke.co.za. Die album se styl is 'n ligte klassieke/cross-over en 'n mengsel van oorspronklike musiek en covers. Suzanne se hoogtepunte op die album is 'n Halleluja Keurspel wat sy met die SA Jeugkoor opgeneem het asook 'n duet met Tobi Jooste. Baie geluk Suzanne, ons is baie bly saam met jou!

***

In die community...

Ons nuwe medewerker Erika Pretorius (musiek/dekor) is op 29 Oktober verloof aan Stephan, baie geluk julle! Ons dink aan Kyle Conradie (dans/drama) wat tans in gips is, sterk gou aan girla! Twee van ons voorsangers gaan mammas word... baie geluk aan Jana Reynecke asook Audrey en pappa Lester (musiek) Cloete wat verwag! Marene Jooste (dans/blyspel) het ook haar tweede oppad! Ons is baie opgewonde vir julle! Nog twee voorsangers maak gereed vir hul troudag, en nie met mekaar nie! Sterkte aan Werner Nel en Lizl Gerber wat albei met trou-reëlings besig is vir vroeg volgende jaar.

***

Gebedsversoeke

Ons wil graag vir 'n paar van ons medewerkers opdra en vir hulle bid in tye van nood. Ons harte en gebede gaan uit vir Marguerite Erasmus (musiek) se pappa wat kanker beveg en ons bid ook spesiaal vir Marguerite en haar familie in hierdie tyd.

***

@MosaiekKunste op twitter!

As jy op twitter is, kom volg die Inspirerende Kunste span by @MosaiekKunste om te sien waarmee ons ons besig hou!

***

Hou ons in die 'Loop'

Hou ons op hoogte met verwikkelinge wat in jou lewe of bedieningspan gebeur (goeie nuus, slegte nuus, nuwe werk, verloof, swanger, gebedsversoek). Stuur enige sulke nuusbrokkies of info aan jou bedieningsleier om aan te stuur, of sommer direk aan my.

Ons hoor graag van jou.

Diani, en die res van die Inspirerende Kunste-span.

***
 
 
twitter
 

Powered by Mad Mimi®

ArTimes November 2011

Share with http://mim.io/65d7e1 

November 2011 ... Nuusbrief #3

Die Inspirerende Kunste-span wil graag van hierdie medium gebruik maak om jou meer te vertel oor wat orals binne die kunste aangaan; wat ons medewerker-kunstenaars mee besig is; en sommer net allerhande lekker nuus wat op ons van toepassing is. Ons hoop julle geniet dit.
Groete
Diani

***

ArtSync is die Inspirerende Kunste van Mosaïek se maandelikse 30minute byeenkoms op die eerste Dinsdagaand van elke maand - vir alle kunstenaars in die gemeente.

ArtSync - 1 November en 6 Desember 2011

Op Dinsdae 1 November en 6 Desember, vind ons twee laaste ArtSync geleenthede vir 2011 plaas in Viaticus 102, om 18h30 vir 19:00.

Al ons kunstenaar-medewerkers is genooi! Daarna sal ons in groepe verdeel vir interaktiewe sessies met die onderskeie bedieningsleiers, of die geskeduleerde weeklikse oefeninge vir dienste ens. In Desember sal ons na ons onderskeie jaareindfunksies beweeg hierna. Ons sien uit om jou daar te sien! RSVP asb by Diani of direk by jou bedieningskakelpersoon.

***

Expressing Hope konsert

Dis hier! Ons hoop jy het reeds jou kaartjies vir die splinter-nuwe fonds-insamelings-konsert op 3 November, Expressing Hope, ten bate van Missional Expressions . Die konsert spog met kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Navi Redd, the Dahlings en Marlee van der Merwe.
Die kaartjies is beskikbaar by die i-desk, op www.mosaiek.com asook by Computicket.

***

DIS SILWER MOSSIE!!

Ons jaarlikse Silwer Mossie geleentheid stap ook al hoe nader, en ons nooi jou om jou gratis kaartjies hiervoor af te haal! Op Vrydag 11 November gaan ons terugkyk en 2011 celebrate asook visioneer vir 2012! Daar is 'n kort vertoning deur gaskunstenaar Brandon October wat die aand saam met ons meemaak. Ons wil elkeen van julle uitnooi om met hierdie geleentheid saam te kom kuier! Vir meer inligting kontak vir Braam B.

***

Sterkte aan al ons Matrieks!

Daar is 'n paar van ons medewerkers wat hierdie jaar die laaste jaar van skool afmerk en ons wens hulle alle sterkte toe met hulle Matriek uitslae en planne vir die toekoms! Naret Loots, Marli Steyl, Jean Botha, Angelique Kleynhans (almal dans/drama) en Francois van der Merwe (musiek), sterkte tjommas!

***

Ook in die kollig.

Sterkte aan al ons troepies in Tree Aan wat vir hulle laaste paar optredes aantree! En dan ook vir Estelle en Tessa in The Rocky Horror Picture Show by die Barnyard, Cresta. Tessa Denton (drama/dans/musiek) is nou al 'n geruime tyd te sien op Generations, en haar kontrak is onlangs met nog 3 maande verleng, baie geluk girl!

***

Johan en Jasmyn by die Vonktoekennings

Jasmyn was een van die kunstenaars wat gekies is om by die Vonktoekennings 2011 op te tree, dit is die aand waar Afrikaanse Kunstenaars vereer word vir 20 duisend en meer cd verkope. Jasmyn was 'n absolute ster op die verhoog met die lied Bly!. Ons eie Johan Heystek het produksie van hierdie lied behartig, wat deur Steve Hofmeyer geskryf is maar deur Karen Hougaardt bekend gemaak is. Saam met tromspelers en trompoppies van Waterkloof Hoerskool , het die audience van haar gepraat as die "verrassing" van die aand. Die aand was wonderlike blootstelling vir ons eie Jasmyn! So trots op haar.

***

Desember Sneak Peak...

Is jy hier Desember maand?
Hieronder is 'n vinnige blik op die dienstye en beplaning vir ons Des dienste. Dit sal gaaf wees as julle elkeen jul beskibare datums vir ons op Planning Centre kan aandui of aan jou direkte bedieningsleier kan deurgee. Ons probeer om soveel moontlik vooruit te beplan vir dié spesiale tyd en julle bydraes en betrokkenheid maak 'n groot deel hiervan uit.
04 Des: 8h30; 10h15 & 19h00
11 Des: 8h30; 10h15 & 19h00
18 Des: 8h30; 10h15 & 19h00 (Kerssangdiens PM, Calltyd vir PM sal vroeër skuif)
24 Des: 18h00 & 25 Des: 9h00 (Kersdiens –dieselfde journey & teams, Calltye op 25/12 sal later skuif)
31 Des: 18h00 & 1 Jan: 9h00 (Oujaarsdiens –dieselfde journey & teams, Calltye op 25/12 sal later skuif)

***

Hennie se nuwe seisoen...

Dit is vir ons 'bitter sweet' om binnekort te moet afskeid neem van Hennie Maritz. Hennie het onlangs die groot besluit geneem om na 'n nuwe gemeente te skuif. Groot is ons hartseer toe Hennie sy hart en journey met ons kom deel oor die oortuiging in sy hart dat hy geroep voel vir die nuwe taak en dat hy einde November sy journey saam met Mosaïek sal afsluit. Hennie het die afgelope vyf jaar Mosaïek op 'n baie besondere manier met sy hele hart gedien. Die leemte wat hy gaan laat is groot! Ons wil hom egter stuur en seën om dit te doen wat hy in sy hart glo nou reg is vir hom! Dinsdag 6 Desember sal ons by die Art'Sync byeenkoms, saam met hom en Vanessa sy tyd by Mosaïek celebrate. Die musiekspan sal daarna saam met hulle kuier! Dit was 'n absolute voorreg vir ons almal om saam met Hennie te bedien en hy sal voorwaar baie gemis word! Hennie, ons is lief vir jou. Dankie dat jy ons gedien het op 'n manier wat ons lewens op 'n baie besondere manier geraak het...
Saam sien ons uit vir hom na die nuwe seisoen wat vir hom en sy vrou Vanessa voorlê. Die Here gaan saam met jou en Vanessa!

***

Gebedsversoeke

Ons wil graag vir 'n paar van ons medewerkers opdra en vir hulle bid in tye van nood. Rianette en Kenny (drama en nuus), ons dink aan julle tydens die swangerskap en bid vir versterking in hierdie tyd. Ons dink ook aan Morne Vermaak (musiek) en sy gesin met die afsterwe van sy Pappa. Mag ons Abba Vader julle vashou en troos.

***

In die community...

Ons verwelkom graag 'n paar nuwe medewerkers in ons musiekspan: Corne Alant,Johann Muller,Corne Olckers, Colette Joubert, Gerbrie Kritzinger Siegel en Andre Byleveld! Dis ook heerlik om vir Marlee van der Merwe meer gereeld by ons te hê, waar sy ons PM voorsangers gaan help afrig en lei. Dan is dit ook wonderlik om te vertel van Thys Spies en Rudolph Raath (Cello en kitaar) wat hulle gawes en passies op plekke nog verder as ons verhoog gaan deel. Die twee bedien op Sondae tussen dienste by twee Ouetehuise: Golden Harvest en St Michaels, waar hulle musiek maak en minister op 'n UITwaartse manier. Dan is ons ook saam opgewonde vir Dawie en Anneke de Villiers (dans/musiek) wat hulle eersteling verwag, baie geluk julle twee!

***

Die nuutste lede van die Tegniese Team!

Hier is die mooiste gesiggies van Nehan Kirsten en Zander Malan, van trotse pappies Nell en Eben!

***

@MosaiekKunste op twitter!

As jy op twitter is, kom volg die Inspirerende Kunste span by @MosaiekKunste om te sien waarmee ons ons besig hou!

Hou ons in die 'Loop'

Hou ons op hoogte met verwikkelinge wat in jou lewe of bedieningspan gebeur (goeie nuus, slegte nuus, nuwe werk, verloof, swanger, gebedsversoek). Stuur enige sulke nuusbrokkies of info aan jou bedieningsleier om aan te stuur, of sommer direk aan my.

Ons hoor graag van jou.

Diani, en die res van die Inspirerende Kunste-span.

 
 
***
twitter
 

Powered by Mad Mimi®

Art’Sync Okt 11 – ‘n Konneksie-geleentheid vir kunstenaars binne Mosaïek

Die Oktober Art'Sync geleentheid het op Dinsdag 11 Oktober plaas gevind in Viaticus 102 waar Jeanetta Basson (Missional Expressions Leader) haar hart kom deel het rondom die impak en noodsaak van die Kunste binne missionaliteit. Sy het met al ons verskeie kunste spanne binne die Inspirerende Kunste kom stories en beelde deel wat haar eie journey gevorm het en haar hart geskuif het tot die roeping op haar lewe.

Art’Sync Nov 11 – ‘n Konneksie-geleentheid vir kunstenaars binne Mosaïek

01/11/2011 18:30

Art’Sync is ‘n half-uur byeenkoms op die eerste Dinsdag van elke maand waar ons saam in ons  journey as kunstenaars op reis is met God, mekaar en die wêreld. Die Inspirerende Kunste by Mosaïek het hierdie nuwe konneksie-geleentheid begin vir al ons verskeie kunste-spanne om op ‘n meer gereelde basis saam te kuier, connect, celebrate, groei, devotion, visioneer en kreatief te verkeer.

ArTimes Oktober 2011

X
Loading