Die belangrikheid van "Storie" bied die fokus vir die onlangse kleingroep fasiliteerders ontbyt & interaksie. Die spiritualiteit journey fokus op 3 stories - God se storie, ons eie stories, en die stories van die wereld om ons. Kleingroepe bied die ruimte om aandag te luister,te deel en te skep aan stories. Ons verdiep onsself in God se storie uit die Skrifgedeeltes, die antieke tradisies, en God se werking in ons eie lewe. Ons deel ons eie ervarings en stories met ander, en luister na die van ander.
Hoe om julle kleingroep die jaar af te skop...
Dit is nou al die helfte van die 2de maand van 2012 en jy het die visie gehad dat julle kleingroep nou al by die 7de hoofstuk van Openbaring sal wees en ten minste al een uitreik-projek onder die knieg het.
Tydens die interaktiewe kleingroepleiers-interaksie sal jy die geleentheid kry om met ander fasiliteerders te connect, meer uit te vind van hoe julle kleingroep ondersteun kan word, en praktiese opleiding ontvang in jou rol as kleingroepleier. Om te registreer kontak Magda Botha magdab@mosaiek.com / 011 268 4704
CommUnity bied die Turbo-proses aan vir persone wat belangstel om deel te word van n kleingroep. Tydens hierdie 4 weke proses leer ken jy ander mense, ontdek saam hoe 'n lewe in community lyk, en hoe 'n kleingroep funksioneer. Uiteindelik word nuwe groepe deur die proses geloots. Die eerste Turbo-proses vir 2012 skop Donderdag 16 Februarie af om 19h00. Om te registreer, kontal Magda Botha magdab@mosaiek.com / 011 268 4704
Wonder jy soms oor 'commitment' in julle kleingroep? Tydens hierdie 45min interaktiewe interaksie & connect geleentheid gesels ons juis oor hierdie onderwerk, met praktiese maniere hoe jy jou kleingroepe kan aflsuit.
Deur ons Turbo-kleingroep proses, stig ons totaal nuwe groepe na ‘n 3 weke proses. Die proses, wat by Mosaiek plaasvind, ontdek ons saam hoe ’n lewe in community met ander lyk, en stel ons die belangstellendes aan mekaar voor. Groepe kom organies tot stand – waar jy die geleentheid kry om self te kies saam wie jy in ’n groep wil wees. Dit is dus baie belangrik om elke Donderdagaand by te woon, sodat groepkohesie kan plaasvind.
Groepe Connect 14 Junie 2011
Die tweede Groepe Connect geleentheid van 2011 vind plaas op Dinsdag 14 Junie. Tydens hierdie geleentheid het groepe saamgekuier om sop en brood, ons stories van groei met mekaar gedeel, en saam vorentoe kyk.