Onderwerp “Kleingroepe”

Kleingroepe

Kleingroepe is ruimtes om Jesus te volg saam met ander. ‘n Beweging van isolasie na community.   Soos ons die lewe intensioneel deel, tree ons op as spieëls vir mekaar. Ons leer onsself beter ken en hoe die mooi en skadu-kant te omarm. Kleingroepe loop saam, leer saam en het saam lief. Groepe word saam stil om ‘n Skrifgedeelte, ontwikkel hulle verbeelding om daarin te leef, en deel hulle journey met God.

Mosaiek kleingroepe kom weekliks bymekaar in huise regoor die die groter Johannesburg omgewing. Elke kleingroep verskil in samestelling, lewensfase en werkswyse. Kleingroep-lewe strek van die bestudering van die Skrif, gebed, boeke lees, ander dien, ondersteun, saam ontspan en ‘n ete deel - elkeen is uniek tot die groep.

Ons help jou graag om ‘n geskikte groep te vind. Vir meer inligting rakende kleingroepe, stuur gerus 'n epos na magdab@mosaiek.com

Kleingroepe

Kleingroepe fokus op die gedeelte lewe in Christus. Lede ondersteun mekaar deur gebed, deel hulle journey saam met God deur die lewe, en die praktiese leef van Skrifgedeeltes. Groepe kan ook saam uitreik.

Kleingroepe @ Mosaiek

Die geestelike reis is ’n avontuur – waar ons ontdek wie ons in God is, en hoe om ’n lewensritme te ontwikkel as Sy geliefdes. Die reis is na binne, na mekaar en buite. Die reistog is egter nie een vir alleen-stap nie. Dit is bedoel om gedeel te word – in community met ander.  Om ons lewe met ander in gemeenskap te deel, is ‘n onmisbare aspek van ons spiritualiteit. Die vraag is: “Waar vind ek ’n groep mense saam wie ek kan groei in my verhouding met God, in liefdevolle verhoudings met mekaar, en die wêreld?”

Stories uit kleingroep fasiliteerders 1 dag retreat 9 Februarie 2013

Op Saterdag 9 Februarie 2013 vind 'n 1 dag kleingroep fasiliteerders retreat by Origins plaas. Jacques Bornman lei die retreat onder die tema: Die innerlike wereld van 'n leier. 

Kleingroep fasiliteerders 1-dag retreat: Die innerlike wereld van 'n leier

09/02/2013 08:30
09/03/2013 16:00

CommUnity nooi alle kleingroep fasiliteerders uit na n 1-dag retreat te Origins, rondom die tema "Die innerlike wereld van 'n leier". Kontak Magda Botha magdab@mosaiek.com of 011 2684704 om te registreer.

X
Loading