Retreats speel ’n groot rol in mense se geestelike journeys – en daarom word dit oorwegend meer in ons gemeentekultuur ingebou. Ons wil die eeue-oue praktyk van eenkantkom meer deel maak van ons lewensritme. Dit is belangrik om onsself af te sonder, stil te word en op God te wag. Dit is immers wanneer die Bybel ons vertel ons krag sal ontvang om met passie en deernis ’n inspirerende lewe te leef wat ’n verskil maak.
Op Origins wil ons die eeu-oue praktyk van eenkantkom meer deel maak van ons lewensritme. Ons beoog Mosaiek Retreats wat vir almal oop is, en strek van inleidende, middelslag en gevorderde retreats. Die retreats se duur is van een dag, 48 uur (naweek), midweek en langer retreats. Die retreats word gefasiliteer deur o.a. Johan Geyser, Trevor Hudson, Neels vd Bergh, en ander retreat masters.
Rig gerus navrae aan retreats@mosaiek.com
Kyk gerus hier vir Mosaiek Retreat datums vir 2015
Laai gerus hier 'n PDF-dokument van die aanwysings na Origins af.
Mosaïek retreat – Willem Nicol begelei die Retreat by Origins, wat plaasvind
Mosaïek retreat – Theo Geyser begelei die Retreat by Origins, wat plaasvind
19-21 September 2014. Die tema vir die retreat is 'Begeleiding tydens belangrike oorgange'.
Vind meer inligting hier.
n Retreat vir diegene wat te besig is om weg te gaan, maar steeds vir God op ‘n dieper manier
tydens ‘n gewone werksweek wil beleef. Deur daaglikse persoonlike gebed of stiltetyd van
20minute asook ‘n daaglikse gesprek van 30 minute by Mosaiek met ‘n geestelike begeleier,
kan jy op ‘n gewone dag jou verhouding met die Here verryk.
Navrae: Belinda Willemse 011 268 4731 / retreats@mosaiek.com
Mosaïek retreat – Johan Geyser begelei die Retreat by Origins, wat plaasvind