In 2010 se ‘Haweloos – Die musical’, wat draai rondom die vraag “Wat is huis/tuiste?” kuier ons op St. Helenabaai in die 1830’s.
Haweloos spog onder meer met Mandi Baard, wat die rol van Lara in Egoli vertolk het; Nadia Beukes, wat reeds verskeie programme op KykNet aangebied het en vir vier jaar deel was van die a capella groep, Cutt Glass; Reuben Louw, beter bekend as die sanger Jodan, wat al drie albums vrygestel het; die skrywer, akteur en vervaardiger, Morné du Toit; en Ferdi Gernandt wat reeds in verskeie teaterproduksies soos Chicago en We Will Rock You te sien was, in onder meer Suid-Afrika, Amerika, Engeland en Kanada.