Mosaïek beoog nie 'n oorspronklike musiekblyspel hierdie jaar nie. Hou gerus dié spasie dop vir meer inligting.
Jy kan hier meer lees oor 2010 se blyspel, Haweloos - 'n Musical.
Op 13 Augustus 2009 was die opening van hierdie jaar se musical met die naam Stasionêr, wat tot 22 Augustus vertoon het.
Die vertoning is op DVD beskikbaar, en bestellings kan gerig word aan Melissa Nieuwoudt by beleef@mosaiek.com.
Hier is 'n paar kommentare gelewer oor die openingsvertoning, vriendelik ingesamel deur Margaret Botha:
Jacques en Renate Combault:
‘n Voormalige diva met 'n drank-probleem, 'n sportheld in ontkenning, ‘n reisende meubelverkoper, ‘n kelnerin van die verkeerde kant van die treinspoor, ‘n kaartjieverkoopster met die droom om 'n aktrise te word en ‘n ambisieuse joernalis; is net 'n paar van die kleurvolle karakters van die nuwe Afrikaanse musiekspel, Stasionêr, wat tussen 13 en 22 Augustus by Mosaïek in Fairland, in die noord-westelike voorstede van Johannesburg, op die planke sal verskyn.
Laerskool Fairland het in hulle nuusbrief van 5 Augustus erkenning gegee aan drie van hulle leerlinge wat aan Haweloos - 'n Musical deelgeneem het.
Haweloos
deur Liesl Nel
...Die maan glimlag ve my,die sterre knipoog, die bome sprei hule vlerke met die wind wat saggies suis...die aand sluk my in met trane wat warm teen my wang blink......Teater…..Huis van die akteurs.
Sommige mense vind hulle huis in hulle kinders, ander weer om mense te help, sommige deur om musiek te maak en party by die warmte van ‘n geliefde……maar ek…..ek het my huis in die teater gevind. ‘n Plek waar ek kan wees net wie ek wil, wat vir my beskerming bied, wat my toelaat om ‘n sprokieswereld te skep, nie net vir myself nie maar ook vir iemand wat ontsnapping soek. Daardie gevoel wat in my hart en siel wakker gemaak word elke keer wanneer my voete en die verhoog een word, is ‘n bo menslike gevoel……elke keer as ek iemand sien glimlag in die gehoor, as die lig se strale warm word op my, die musiek druis deur my are wat my bloed laat borrel van vreugde en opgewondenheid, dan weet ek…..ek is tuis.
Die teater is werklik ‘n plek waar 2 werelde bymekaar kom – realiteit en fantasie – om so ‘n perfekte foutlose spasie te skep waar mense net vir ‘n oomblik, kan vergeet van die monsters wat hulle jaag.
Dit is amazing om te dink en te weet dat die Here vir ons elkeen daardie talent gegee het om dit te kan experience, nie net een of twee keer nie, maar elke aand. Met dit wil ek vir Hom dankie se dat Hy vir my en vir julle toelaat om hart en siel, body and mind, ‘n wereld te skep waar alles moontlik is en deur dit…..sterker raak in ons geloof, in onsself en met ander akteurs. ‘n Talent wat julle vir altyd moet bewaar.
Die Teater is ‘n heilige plek vol stories, karakters, foutlose foute, glitter, rokke, helder ligte, borrellende musiek, laughter, trane, vreugde en hartseer……..Die Teater maak die lewe die moeitewerd……
Ek kan vandag trots se, ek is nie Haweloos nie want ek het my tuiste gevind…..’n plek wat my koester en ‘n plek wat my as mens…..volmaak maak – Die Teater…..
Dankie aan Ettienne en die res van die Haweloos Cast dat julle my drome waar maak en my weereens laat besef het….ek sal nooit alleen wees nie….want ek het die talent om deel te kan wees van die Teater….
Lief vir julle almal xxxxxxxxx
Baie dankie vir die uitnodiging na jul Musical, Haweloos, ek en my man Siebert het dit vreeslik baie geniet, welgedaan! Die stuk het ons aangeraak en is briljant geskryf, sonder om dweperig te wees het julle ‘n sterk boodskap uitgestuur! Baie geluk!!
Doen so voort, groete en seën.