In die boek Handelinge, lees ons van ’n gemeente met die naam, Antiochië. Dis ’n gemeente wat in prominensie gegroei het, ná die Jerusalem-kerk. Dis die gemeente waarvandaan Paulus en Barnabas op hulle sendingreise vertrek het, en talle kerkwees-beginsels kan geleer word uit die paar hoofstukke rondom hierdie gemeente.
Die gemeente van Antiochië het nog altyd ons verbeelding aangegryp, en die gemeente wat uiteindelik as Mosaïek sou bekendstaan beïnvloed en geïnspireer.
Die wortels van Mosaïek strek amper 60 jaar terug na ’n gemeenteplanting uit die AGS (Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika) in die middel-1950’s in die Noorde van Johannesburg. Later het daar drie AGS-gemeentes saamgesmelt in en om die Randburg-omgewing en het AGS Linden, en later AGS Randburg ontstaan. Sleutelleiers in die aanvang-seisoen van die gemeente was onder meer Pastoor Jannie le Roux, Pastoor Frank du Plessis, Pastoor James Scott, Pastoor Hennie Grobler en Pastoor Stefan Smit. Hulle het elkeen vyf vestigingswortels van wat die gemeente sou word, neergelê.
’n Sleutel-gebeurlikheid in die geskiedenis van die gemeente was toe ’n jong pastoor en sy vrou met hulle pasgebore seuntjie uit Bloemfontein genooi is om te kom preek by die gemeente, en na afloop van die diens —en beraadslaging van die kerkraad —amptelik beroep is om as hoofleraar na die gemeente te kom.
Johan en Wilma Geyser onthou die terugrit Bloemfontein toe. ‘Ek het gesê dat ek nooit in my lewe dit sal oorweeg nie, maar Wilma het gesê moenie so gou praat nie.’ Wilma voeg by, ‘Ons het altyd gedroom van ’n plek waarvoor ons ons lewens sou kon gee. Waar ons lewens sou wortelskiet en ons saam met ’n community die lewe kon doen — ons hele lewe.’
In 1987 bevind die jong gesin hulleself toe in Randburg Gemeente, in ’n klein kerkie op die hoek van Eerstelaan en Derdestraat. Die gemeente het bestaan uit omtrent ’n 100 mense, en die progressiewe jong pastoortjie se idees was by verre nie altyd welkom nie.
‘Ek onthou een oggend toe kom een van die kerkraadslede voor die diens in die konsistorie in op ’n drafstappie met die nuus dat daar ’n besoeker in die diens was, en nie enige besoeker nie, die bestuurder van ’n plaaslike banktak. Daar was skielik ’n belang in hoe die diens lyk, en of dit toeganglik sou wees vir die besoeker.’
Stories soos hierdie het ’n groot rol gehad op die vorming van die waardesisteem van wie Mosaïek sou word, en saam met blootstelling aan Willow Creek Community Church, in Chicago VSA, is daar geleidelik al hoe meer moeite gedoen om egtheid, toeganglikheid en relevansie in dienste en bedieningsfilosofie in te bou. Hierdie filosofie sou later begin bekendstaan as soekersensitiwiteit.
2 Korintiërs 4 vanaf vers 5:
Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus se ontwil, want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn, dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus, maar ons het hierdie skat in erdekruike sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees, en nie uit ons nie. Dit is die woord van die Here.
Ons dink dat die kerk met baie wysheid met die kulture van die wêreld waarin ons leef, moet omgaan. Baie van die gebruike, stories en simbole in kulture het as oer-oorsprong 'n vermenging van godsdienstige en ander sosiale idees. Dit sou baie moeilik wees om al hierdie tradisies en idees uit die wêreld uit te kry.
Gebrokenheid is deel van menswees – alle mense; leiers ook. Alhoewel ons 'n groter mate van volwassenheid en heelheid van leiers verwag, struikel en val leiers ook. Wat staan ons dan te doen? As ouderlinge het ons ná studie, gebed en gesprekke besluit op 'n herstelproses. Ons hou nie van die woord tug nie, omdat die eerste assosiasie met die woord straf inhou. Ons dink en voel dat gevalle soldate nie geskiet moet word nie, maar gehelp moet word.
The Gospel is the core of Christian living. It has within it a contemplative dimension. This dimension is God’s invitation to every human being, through Jesus Christ, to share God’s very nature. It begins as a way of listening with ears, eyes and heart. It grows as a desire to know God and to enter into God’s love. This is made possible by a dying to the self that becomes an emptying to God and experience of God’s love.
Ons is oortuig dat doelmatige geboue vir die samekoms van die gemeente, in God se plan vir ons is, om die gemeente en ons omgewing effektief te bedien. Die Bybel, Ou en Nuwe Testament, maak op 'n besondere manier melding van die plekke waar God met mense ontmoet het. Vanuit hierdie deurlopende tema in die Bybel kry ons 'n aanduiding van die belangrikheid van geboue en kan ons as't ware 'n teologie oor geboue vorm.
Mosaïek vind sy wortels in AGS Randburg, 'n gemeente met ongeveer 100 lidmate in 1990 met 'n tipiese pinkster liturgie en bedieningsfilosofie in die herder-kudde model. Sedertdien het die bedieningsfilosofie en liturgie verander en die fokus het verskuif om die behoeftes eie aan die mense van die omgewing aan te spreek. Die effek was 'n liturgie en bedieningstyl wat nie as tipies AGS beskryf kon word nie.
Ons het twee dinge waargeneem: