Onderwerp “Emosioneel”

Dr Johan Ferreira gesels hierdie week op KykNet se Maatband oor Bipolere Gemoedsversteuring

Op Maatband,  KykNet se gesondheidsprogram praat Dr Johan Ferreira oor die stigma wat aan Bipolêre gemoeds-versteuring met al sy emosionele hoogte- en laagtepunte gekoppel word. Ons ondersoek hierdie versteuring en probeer om ‘n beter begrip te kry van die uitmergelende effek wat dit het op almal wat hierby betrokke is.

Kyk gerus tydens hierdie week na die episode op

 

Pornografiegesprek by Formatio se Q&A sessie

Op Woensdagaand 17 Oktober het Johan Ferreira die Formatio gespreksgeleentheid rondom pornografieverslawing gelei met omtrent 40 deelnemers.  Daar is onder andere gesels oor die omvang van die blootstelling wat kinders en tieners aan pornografie het, asook die langtermyn effekte van hierdie groeiende verslawing.  Die vraag en antwoord sessie aan die einde van die aand het na moontlike oplossings en prosesse gekyk vir die effektiewe hantering binne die terapeutiese en geestelike dimensies.

Ek slaap nie

Slaaploosheid is waarskynlik een van die heel gevaarlikste langtermyn simptome wat 'n persoon mag beleef en is heel dikwels deel van 'n groter probleem in die persoon se lewe.  Kinders, volwassenses en bejaardes kan aan hierdie sindroom lei.  Slaapdeprivasie lei daartoe dat die persoon se vermoens op alle vlakke negatief beinvloed word,  konsentrasie verlaag, emosionele kapasiteit word uitgeput, irritasie vlakke styg, weerstand teen siektes verlaag, geduld verdwyn, humorsin word versuur en agressiewe gedrag kan toeneem.

Ek was ontrou in my verhouding - wat nou?

Verhoudingsontrouheid het inderdaad een van die hoogste aanmeldingsyfers in my praktyk.  Samelewingsnorme het soveel verander oor getrouheid in verhoudings dat geweldige onsekerheid ontstaan oor aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag binne 'n eksklusiewe verhouding.  Die persoon wat uiteindelik ontrou is binne die verhouding, is natuurlik 'n gewone mens wat dan 'n meetbare fout begaan.  Heel dikwels poog die persoon dan om die fout te korrigeer, maar beleef geweldige teenstand van die maat af.

Pornografie gesprek met Dr Johan Ferreira

17/10/2012 18:30

Op Woensdagaand 17 Oktober 2012 is daar 'n Formatio gespreksgeleentheid met Dr Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness@Mosaiek, oor die aard, effek en omvang van pornografie.

Die alewige angs van "Wat as.....?"

Angs en paniek is van die mees verlammende sielkundige verskynsels binne die Sielkunde.  Die snellervraag wat meeste mense angs laat beleef begin gewoonlik met: "Wat as.....?"  En daar vloei die angs gewoon vry in die persoon se lewe in.  Meeste relatief normale mense beleef tog wel van tyd tot tyd angstigheid, maar by sommige mense is die frekwensie van die angs geweldig hoog.  Angstigheid het vier basiese komponente: gedagtes, gevoelens, sensasies en gedrag.  Hierdie komponente funksioneer binne individuele sisteme wat die vlak van angs by individue bepa

Nuwe baba, nuwe vreugde, nuwe stress!

Die wonderlike vreugde en skrikwekkende realiteit van 'n nuwe baba is verweef in een ervaring vir meeste ouers.  Pa en ma is gewoonlik onvoorbereid op die realiteite van die permanensie van die stressors wat nou heers en die kwaliteit van hulle verhouding neem gewoonlik drasties af.  Die verhouding tussen pa en ma is natuurlik die bron waaruit meeste van die energie vir die grootmaakproses geput gaan word.  Dr Silvina Irwin gee raad met vier basiese idees oor hoe die verhouding 'n nuwe baba kan oorleef.  Kliek op die onderstaande skakel:

Skakel weer jou motivering en geluk aan

Motivering en geluk gaan hand aan hand wanneer ons kyk na gesonde emosionele funksionering.  Meeste gesonde mense sukkel soms met motivering wat weer aangeskakel kan word deur effektief tred te hou met wat jy as mens wil bereik.  Geluk is sterk gekoppel aan die suksesvolle bereiking van doelwitte.  Lees gerus hierdie kort artikel oor effektiewe aanskakeling van motivering en geluk deur te kliek op die onderstaande sleutel:

Aandagafleibaarheid/Hiperaktiwiteit kan slaappatrone negatief beinvloed by tieners

Huidige navorsing toon aan dat tieners wat in hulle kinderjare gediagnoseer was met aandagafleibaarheid en/of hiperaktiwiteit meer geneig sal wees om slaapprobleme te ondervind.  Die graad van die aandagafleibaarheid en/of hiperaktiwiteit blyk nie 'n betekenisvolle rol te speel nie.  Die navorsers beveel aan dat hierdie tieners behoorlik geevalueer moet word vir slaapversteurings om sodoende  die simptome van die aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit beter te kan behandel.  Lees gerus verder hieroor by die onderstaande skakel of kontak Truida Botha, Opvoedkundige Sielk

Vroue en eetversteurings in 2012

Vanuit die spreekkamers van Dr Johan Ferreira (Sielkundige) en Dr Martie de Wet (Dieetkundige) by Wholeness@mosaiek kom die nuus van nuwe navorsing wat gepubliseer is in The Journal of Eating Disorders wat aantoon dat eetversteurings nou baie meer algemeen by ouer vroue voorkom as voorheen.  Tradisioneel is eetversteurings meestal gediagnoseer by persone jonger as 25 jr, maar hierdie navorsing toon dat die ouderdom van persone met eetversteurings nou wel baie gestyg het in die algemene populasie.  Die grootste bekommernisse

X
Loading