SIELKUNDIGE / PSYCHOLOGIST
(Scroll down for English)
Dr Johan Ferreira praktiseer as voorligtingsielkundige in privaatpraktyk in Johannesburg vanaf 1997 en bedryf vanaf September 2005 sy praktyk voltyds vanaf die Wholeness Sentrum by Mosaïek. As hoof van Sielkundige- en Terapeutiese dienste by Mosaïek is hy hoofsaaklik besig met terapeutiese sessies, maar is ook verantwoordelik vir supervisie van sielkundiges, intern-sielkundiges en beraders en die ontwikkeling en aanbied van kursusse.
Dienste op hierdie vlak sluit in ‘n Psigoterapeutiese praktyk asook Lewens afrigting (Coaching) en Finansiële afrigting.
Leier van die Emosioneel Diensbeen - Ontmoet Johan Ferreira, die leier van Wholeness se Emosionele Diensbeen. Lees meer
Sielkundige - Johan Ferreira is die Wholeness Sentrum se eie sielkundige.
Kindersielkundige - Truida Botha is die Wholeness Sentrum se kindersielkundige. Lees Meer
Dr Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness skryf 'n maandelikse beradingsblog vir die American Association of Christian Counselors en jy kan daarna gaan kyk by www.aacc.net.
Ons span vanuit die Sielkundige - en Terapeutiese dienste by Wholeness@Mosaiek, Dr Johan Ferreira en Truida Botha, se aanbiedinge by die AACC in Nashville, VSA, het goed afgeloop en ons het baie goeie terugvoer ontvang oor die multi-professionale spanproses wat hier by Wholeness gevolg word vir die behandeling van die gemeenskap.
Dr Johan Ferreira en Truida Botha, Sielkundiges by Wholeness@Mosaiek se praktyke het heropen vir 2013. Pikkie Haasbroek is by ontvangs en kan gekontak word op 011 215 7209 vir verdere navrae.
Depressie simptome het soms die geneigheid om oor 'n lang tyd in persone se lewens te begin wys. Dit maak dit soms moeilik om agter te kom hoe ver die pad na 'n depressiewe gemoed al gestap is. Depressie behandeling is meestal 'n kombinasie van die regte medikasie, die regte dieet, 'n oefen roetine en 'n terapeutiese proses. As jy vermoed dat jy depressief is, kontak gerus die Wholeness Sentrum by Mosaiek (011 215 7209) vir 'n evaluasie. Lees gerus oor die geval deur op die onderstaande skakel te kliek.
Skakel Truida Botha op 011 215-7209 vir verdere inligting
Dr Johan Ferreira wys die simptome van depressie uit op Maatband hierdie week op KykNet, kanaal 144 op DSTV.
Besoek die Maatband webwerf by: www.maatband.co.za
Tydens hierdie week se episodes van Maatband op KykNet gee Dr Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness@Mosaiek 'n paar wenke en insigte rondom die moontlike oorsake, oplossings en terapeutiese ingrepe rondom slaaploosheid.
Kyk ook by www.maatband.co.za