Onderwerp “Johan Ferreira”

Dr Johan Ferreira - Hoof van Sielkundige - en Terapeutiese Dienste / Head of Psychological and Therapeutic Services

SIELKUNDIGE / PSYCHOLOGIST

(Scroll down for English)

Dr Johan Ferreira praktiseer as voorligtingsielkundige in privaatpraktyk in Johannesburg vanaf 1997 en bedryf vanaf September 2005 sy praktyk voltyds vanaf die Wholeness Sentrum by Mosaïek. As hoof van Sielkundige- en Terapeutiese dienste by Mosaïek is hy hoofsaaklik besig met terapeutiese sessies, maar is ook verantwoordelik vir supervisie van sielkundiges, intern-sielkundiges en beraders en die ontwikkeling en aanbied van kursusse.

Beradingsblog vir die American Association of Christian Counselors

Dr Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness skryf 'n maandelikse beradingsblog vir die American Association of Christian Counselors en jy kan daarna gaan kyk by www.aacc.net.

American Association of Christian Counsellors International Conference 2013

Ons span vanuit die Sielkundige - en Terapeutiese dienste by Wholeness@Mosaiek, Dr Johan Ferreira en Truida Botha, se aanbiedinge by die AACC in Nashville, VSA, het goed afgeloop en ons het baie goeie terugvoer ontvang oor die multi-professionale spanproses wat hier by Wholeness gevolg word vir die behandeling van die gemeenskap.  

Sielkundige dienste by Wholeness@Mosaiek

Dr Johan Ferreira en Truida Botha, Sielkundiges by Wholeness@Mosaiek se praktyke het heropen vir 2013.  Pikkie Haasbroek is by ontvangs en kan gekontak word op 011 215 7209 vir verdere navrae.

Psigoterapie of medikasie? Wat help vir depressie.......

Depressie simptome het soms die geneigheid om oor 'n lang tyd in persone se lewens te begin wys.  Dit maak dit soms moeilik om agter te kom hoe ver die pad na 'n depressiewe gemoed al gestap is.  Depressie behandeling is meestal 'n kombinasie van die regte medikasie, die regte dieet, 'n oefen roetine en 'n terapeutiese proses.  As jy vermoed dat jy depressief is, kontak gerus die Wholeness Sentrum by Mosaiek (011 215 7209) vir 'n evaluasie.  Lees gerus oor die geval deur op die onderstaande skakel te kliek.

Depressie is die sielkundige fokuspunt op Maatband hierdie week. Dr Johan Ferreira wys die simptome van depressie uit.

Dr Johan Ferreira wys die simptome van depressie uit op Maatband hierdie week op KykNet, kanaal 144 op DSTV.

 

Besoek die Maatband webwerf by: www.maatband.co.za

Hierdie week op Maatband (KykNet gesondheidsprogram) gee Johan Ferreira 'n paar insigte oor slaaploosheid

Tydens hierdie week se episodes van Maatband op KykNet gee Dr Johan Ferreira, Sielkundige by Wholeness@Mosaiek 'n paar wenke en insigte rondom die moontlike oorsake, oplossings en terapeutiese ingrepe rondom slaaploosheid.

Kyk ook by www.maatband.co.za

Dr Johan Ferreira gesels hierdie week op KykNet se Maatband oor Bipolere Gemoedsversteuring

Op Maatband,  KykNet se gesondheidsprogram praat Dr Johan Ferreira oor die stigma wat aan Bipolêre gemoeds-versteuring met al sy emosionele hoogte- en laagtepunte gekoppel word. Ons ondersoek hierdie versteuring en probeer om ‘n beter begrip te kry van die uitmergelende effek wat dit het op almal wat hierby betrokke is.

Kyk gerus tydens hierdie week na die episode op

 

Pornografiegesprek by Formatio se Q&A sessie

Op Woensdagaand 17 Oktober het Johan Ferreira die Formatio gespreksgeleentheid rondom pornografieverslawing gelei met omtrent 40 deelnemers.  Daar is onder andere gesels oor die omvang van die blootstelling wat kinders en tieners aan pornografie het, asook die langtermyn effekte van hierdie groeiende verslawing.  Die vraag en antwoord sessie aan die einde van die aand het na moontlike oplossings en prosesse gekyk vir die effektiewe hantering binne die terapeutiese en geestelike dimensies.

X
Loading