Onderwerp “Wholeness”

Diabetes Werkswinkel by Wholeness@Mosaiek

Ons medewerker wat die leier van ons Diabetesondersteuningsroep vir die afgelope 5 jr is, Cornelia Laubscher, het Saterdag 12 November 2011 'n suksesvolle Diabetes Werkswinkel by Wholeness@Mosaiek gereel.  Kinny, ons administrateur by Pastorale Sorg, Razana van Diabetes SA en Cornelia het die reelings gekoordineer en saam het hierdie staatmakers 'n oggend van uitnemende standaard laat gebeur. Van die uitstallers het diabetiese aanvullings en maaltydvervangings kom bekendstel. 

 

Diabetes Screening en opkomende Diabetes oggend

Wholeness@Mosaiek se Diabetesondersteuningsgroepfassiliteerder, Cornelia Laubscher, het saam met Diabetes SA in die afgelope twee maande twee diabetes screening geleenthede aangebied en daar was onderskeidelik 35 en 70 mense wat hulle diabetes screening laat doen het.  Ons hier by Wholeness wil ons opgewondenheid en groot dank teenoor Cornelia uitspreek vir haar voortgesette en gemotiveerde pogings om 'n bewussyn te skep oor diabetes onder die Mosaiek-gemeenskap.  Gaan kyk gerus op die webwerf vir die opkomende Diabetesoggend wat Cornelia

Diabetes 'screening'

Sondag 25 September 2011 het Diabetes SA in samewerking met Wholeness se Ondersteuingsgroep vir Diabete na die oggend dienste bloedsuiker getoets asook bloeddruk geneem. Die opkoms was baie goed – 35 mense het hulle suiker en bloeddruk laat toets en 3 mense het kom navrae doen ivm die Ondersteuningsgroep vir Diabete. Wat n great manier om n awareness van Diabetes onder mense in ons community te bring!  Ons volgende screening is 23 Oktober 2011. 

Diabetes Oggend: Bestuur van diabetes

12/11/2011 10:00

Kom gesels saam met ons oor die belangrike aspekte rondom die bestuur van Diabetes.

Datum: 12 November 2011

Tyd:  10:00 – 13:00

Plek: Wholeness sentrum/lokaal moet nog bevestig word.

Koste: R60 per persoon (verversings ingesluit)

Registreer asb by die idesk of vir meer besonderhede skakel asb vir Cornelia Laubscher by 0824444698 of cornelia.laubscher@yahoo.com

Diabetes 'screening'

23/10/2011 09:30

Enige iemand wat aan diabetes ly of dink hulle het moontlik diabetes / insulien weerstandigheid / pre-diabetes / lae bloedsuiker kan Sondag 23/10/11 na die oggend dienste hulle bloedsuiker laat toets by die Wholeness sentrum. Kom vind ook sommer meer uit rondom ons Ondersteuningsgroep vir Diabete. 

'n Nuwe Kleinseun

Ons wil graag vir Baretta Nel van Wholeness en haar man Anton gelukwens met die geboorte van hulle kleinseun, Jozua op Woensdag 27 Julie. Jozua, die seun van Dewald en Annemie Nel, het 'n gesonde 2.82kg geweeg met sy geboorte.

Huweliksretreat September 2011

16/09/2011 14:00

Wholeness se Verhoudingspan bied die 2de Huweliksretreat van die jaar aan op 16 tot 18 September 2011 by Pure Joy in Kameeldrift.

vir meer inligting kontak Baretta Nel by 011 215 7202/ epos barettan@mosaiek.com

Fisiese been - Wholeness

Kyk hier die video oor die Fisiese been van Wholeness by Mosaïek, onder leiding van Dr. Burt Jooste.

Pastorale Sorg-been - Wholeness

Kyk gerus hier die video van die Pastorale Sorg-been by Wholeness, onder leiding van Werner Human.

X
Loading