Bokkie van der Westhuyzen is 'n Verhoudingsterapeut (Imago gesertifiseer) en Maatskaplike Werker/Berader by Wholeness@Mosaiek.
Bokkie bied algemene berading aan asook werkswinkels rondom verhoudings, ouerskap en selfgroei vir individue.
Jy is nou ingeteken op ons databasis vir e-pos nuusbriewe, en jy behoort binnekort jou eerste kommunikasie te ontvang.
Indien jy sou wou 'Unsubscribe' van die lys af, maak gerus gebruik van daardie funksionaliteit onder aan elke nuusbrief wat ons uitstuur, anders rig net 'n navraag daaroor aan info@mosaiek.com .
Werner Human is tans die leier van die Pastorale Sorg-been by Wholeness. Hy is ‘n dosent in Psigologie aan die Universiteit van Johannesburg. Hy is ook besig met sy Doktorsgraad in Adult Attention Deficit Hyperactivity Disorder.
By Wholeness fokus Werner op een van sy belangstellings, psigoterapie, asook ondersteuningsgroepe, berading vir pare en individue, egskeiding, kliniese werk, leierskap en die ontwikkeling en voorlegging van leerervarings.
SIELKUNDIGE / PSYCHOLOGIST
(Scroll down for English)
Dr Johan Ferreira kwalifiseer aan die Universiteit van Stellenbosch as sielkundige en praktiseer by Lugmagbasis Ysterplaat in Kaapstad vir sewe jaar. Dis hier, as senior sielkundige en hoof van die mediese kliniek, waar die funksionering in ‘n multi-professionele span die grondslag gelê het vir die benadering om die mens in sy geheel te behandel. Sy Magistergraad-verhandeling het oor 'n vier jaar navorsingstudie van Seisoenale Depressie gehandel. Die diagnosering en behandeling van depressie is steeds een van die fokus-areas in sy praktyk.