Onderwerp “Lydenstyd”

Lydenstyd-oordenkings – 20 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 20 Maart 2010

Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê:

"Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik.
U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee. En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is. Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen."

Lydenstyd-oordenkings – 19 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 19 Maart 2010

Die hemel getuig van die mag van God,
die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend.
Die een dag gee die berig deur aan die ander
en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.
Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem.
Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld
en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.
Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.
As hy stralend begin om sy baan te volg,
is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.

Lydenstyd-oordenkings – 18 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 18 Maart 2010

En Maria het gesê:
"Ek besing die grootheid van die Here,
ek juig oor God, my Verlosser,
omdat Hy na my in my geringheid omgesien het
.
Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem,
omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het.
Heilig is sy Naam!
Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer.
Kragtige dade het Hy met sy arm verrig:
hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag;

Lydenstyd-oordenkings – 17 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 17 Maart 2010

In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. Die serafs het mekaar telkens toegeroep:

"Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid."

Lydenstyd-oordenkings – 15 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 15 Maart 2010

 

So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.

Jes 30:15 (NAV)


This is what the Sovereign LORD, the Holy One of Israel, says: "In repentance and rest is your salvation, in quietness and trust is your strength

Isa. 30:15 (NIV)

Lydenstyd-oordenkings – 11 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 11 Maart 2010

Daarna sê Hy vir hulle: "Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is."

Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan.

Lydenstyd-oordenkings – 11 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 11 Maart 2010


Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan:

"Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie," en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

Lydenstyd-oordenkings – 10 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 10 Maart 2010


Kom, laat ons jubel tot eer van die Here,
laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind,
laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange,
want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode.
Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne.
Die see is Syne, Hy het dit gemaak; Sy hande het die land gevorm.

Lydenstyd-oordenkings – 9 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 9 Maart 2010


Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel
en hom nie wend tot duister magte
en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie.

Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen;
U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie.
Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat,
maar dit is te veel om op te noem.

Lydenstyd-oordenkings – 8 Maart 2010

Lydenstyd-oordenkings - 8 Maart 2010

 

U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

X
Loading