In 2014 vier ons by Mosaïek Lydenstyd, die 40 dae voor Jesus se kruisiging, van 5 Maart tot PalmSondag op 13 April.
Op Woensdag 5 Maart, AsWoensdag, lei ons die tyd in met 'n paar spesiale byeenkomste in die Klipkerk om 12:00, 17:30 en 18:30.
Jy kan ook die reis meemaak deur die gebruik van 'n begeleidende handleiding, wat jy hier kan aflaai in PDF-formaat.
'n Handleiding in pdf-formaat vir Lydenstyd 2013 (13 Februarie tot 24/31 Maart)
Tydens Lydenstyd 2012 kan jy gebruik maak van 'n hadleiding wat jou sal begelei in die 40 dae voor die kruisiging wat Jesus die Woestyn ingelei is. Jy kan hier vir die handleiding in PDF-formaat registreer. Op Sondag 19 Februarie sal daar 'n beperkte aantal gedrukte boekies in die Teatro se ingangsportaal beskikbaar wees.
Ons gedenk die Opstanding van Jesus met spesiale byeenkomste. Rig gerus navrae aan Michelle Cronje.
Ons gedenk die dag waarop Jesus gekruisig is, en die groot impak daarvan op ons lewens en ons geloof. Verskeie dienste vind in die Teatro en Klipkerk vandag plaas, en Paasfest is 'n gevestigde hoogtepunt op ons kalender. Rig navrae aan Michelle Cronje.
Ons gedenk Jesus se intog in Jerusalem aan die begin van Heilige Week in al ons byeenkomste vandag.
22 Februarie is die aanvang van Lydenstyd, en staan bekend as AsWoensdag. Dit verwys na die 6 weke voor PalmSondag, waar volgers van Jesus die antieke praktyke wat met afsondering en opoffering gepaardgaan omarm, ter voorbereiding vir Heilige Week. Daar sal op hierdie dag 'n byeenkoms in die Klipkerk om 12:00 plaasvind, met die ritueel van salf met as en olie. Rig navrae aan Jacques Borman.
![]() |
||
|
| ||