Onderwerp “Lydenstyd”

Lydenstyd-oordenkings – 24 Februarie 2010

Lydenstyd-oordenkings - 24 Februarie 2010

Tema vir die week: Die versoekings van Jesus

Skrifgedeelte:

Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: "Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is." Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied en gesê: "As jy die koning van die Jode is, red jouself." Daar was ook 'n opskrif bokant Hom: "Dit is die koning van die Jode."

Lydenstyd-oordenkings – 23 Februarie 2010

Lydenstyd-oordenkings - 23 Februarie 2010

Tema vir die week: Die versoekings van Jesus

Skrifgedeelte:

God het ook nie aan engele die beheer van die toekomstige wêreld waarvan ons praat, toevertrou nie. Inteendeel, iemand het êrens soos volg getuig:

"Wat is die mens dat U aan hom sou dink, 'n mensekind dat U aan hom sou aandag gee? Vir 'n klein rukkie het U hom minder gemaak as die engele; U het hom met heerlikheid en eer gekroon. U het alles onder sy beheer geplaas."

Lydenstyd-oordenkings – 22 Februarie 2010

Lydenstyd-oordenkings - 22 Februarie 2010

Tema vir die week: Die versoekings van Jesus

Skrifgedeelte:

Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.

Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: "As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word." Maar Hy antwoord: "Daar staan geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom."

Lydenstyd-oordenkings – 20 Februarie 2010

Lydenstyd-oordenkings - 20 Februarie 2010

Skrifgedeelte:

Daar is niemand onder ons wat reg doen nie. Ons ken nie meer regverdigheid nie. Ons wag verniet dat dit verander. Alles bly net soos dit is. Ons strompel maar voort in die stikdonker. Ons loop soos blindes voel-voel teen 'n muur. Ons tas rond soos mense sonder oë. Ons val oor ons voete asof ons in die donker loop terwyl dit helder dag is. Tussen mense wat springlewendig is, is ons soos dooie lyke. Ons is almal soos bere wat ongeduldig brom en duiwe wat in hulle kroppe kir.

Lydenstyd-oordenkings – 19 Februarie 2010

Lydenstyd-oordenkings - 19 Februarie 2010

Skrifgedeelte:

'n Psalm van Dawid.
'n Herinnering.

Lydenstyd-oordenkings – 18 Februarie 2010

Lydenstyd-oordenkings - 18 Februarie 2010

Skrifgedeelte:

Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas.

Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Lydenstyd 2010

Vanaf AsWoensdag wat veertig dae (sonder Sondae) voor PaasSondag plaasvind, tot PaasNaweek, gedenk Mosaïek Lydenstyd. Hierdie seisoen word sedert die vroeë Kerk gedenk as 'n tydperk van afsondering, opoffering en berouvolheid; ter voorbereiding van PaasNaweek en wat dit vir volgelinge van Jesus beteken.

Die seisoen bereik 'n hoogtepunt in Heilige Week (PalmSondag tot PaasSondag), waartydens daar op die aktiwiteite van Jesus se laaste week gereflekteer word, met onder meer die Kruisiging en eindig met die viering van die Opstanding.

Hierdie is 'n baie betekenisvolle seisoen vir ons as gemeente. Jy kan deel vorm van die seisoen in die gemeente deur enige van die volgende:

  • Offer iets op vir hierdie seisoen, ter voorbereiding van die Paastyd (bv kos, sjokolade, wyn, koffie, kuier ens.), om jou hart gereed te kry vir dit wat die hoogtepunt op die kalender vir jou mag inhou.
  • Woon vanaf Aswoensdag (17 Februarie 2010) die Klipkerkbyeenkomste om 12:00, Maandae tot Donderdae, by.
  • Laai dagstukkies van die webtuiste af om tydens hierdie seisoen by jou huis saam mee te leef.
  • Ondersteun die People Project van Missional Expressions deur kos, komberse, geld, klere te skenk wat aan minderbevoorregtes beskikbaar gestel kan word.
  • Beplan vir Heilige Week se geleenthede:
    • PalmSondag se dienste (28 Maart 2010) - 08:30, 10:15 & 19:00
    • Kruisstasies
    • Ikoon-werkswinkel
    • Klipkerk byeenkomste om 12:00 en 18:30 (Maandag tot Donderdag)
    • Goeie Vrydagbyeenkomste (2 April 2010)
      • Klipkerk Lectio Divina - 07:30
      • Dienste (met Johan Geyser) - 08:30 & 10:15
      • Paasfest
      • Meditations on Easter - 14:00
    • Morning of Reflection (met Trevor Hudson) - Saterdag
    • Herinneringsdiens in Klipkerk (met Gys du Plessis) - Saterdag om 18:30
    • OpstandingSondag (4 April 2010)
      • Oggenddiens (met Trevor Hudson) - 08:30 & 10:15
      • Lectio Divina (Klipkerk) - 18:00
      • Aanddiens (met Theo Geyser) - 19:00

Kontakbesonderhede, meer inligting en registrasie-besonderhede sal binnekort beskikbaar gestel word, of bespreek by www.mosaiek.com/paasfest_besprekings .

X
Loading