Onderwerp “Lydenstyd”

Lydenstyd-oordenkings - Aswoensdag 17 Februarie 2010

Lydenstyd - Aswoensdag 17 Februarie 2010

Skrifgedeelte:

Ek het tot die Here my God gebid en bely: "Ag, Here, groot en ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en u trou teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam. Ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen, ons was opstandig en het nie gelewe volgens u gebooie en u bepalings nie. Ons het nie geluister na u dienaars die profete nie, wat in u Naam ons konings, ons leiers, ons familiehoofde en die hele bevolking aangespreek het. U is regverdig, Here. Dit is onsself wat hierdie ellende oor ons gebring het, oor die mense van Juda, oor die inwoners van Jerusalem, oor die hele Israel, dié wat naby is sowel as dié wat ver is, ver in al die lande waarheen U hulle verstrooi het oor hulle ontrou teenoor U. Here, hierdie ellende het oor ons, oor ons konings, oor ons leiers en oor ons familiehoofde gekom omdat ons teen U gesondig het. Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U."

"Ons was nie aan U, Here ons God, gehoorsaam nie, ons het nie volgens u wil gelewe nie, u wil wat U deur u dienaars, die profete, aan ons gegee het. Die hele Israel het u wil oortree; hulle het afvallig geword en nie na U geluister nie. Daarom het U die vloek wat met 'n eed bevestig is en wat opgeteken is in die wet van Moses, die dienaar van God, oor ons laat kom. Dit is omdat ons teen U gesondig het. U het die woorde wat U in verband met ons en ons regeerders uitgespreek het, in vervulling laat gaan en hierdie groot onheil oor ons gebring. Daar het nog nooit op die aarde so iets gebeur soos in Jerusalem nie. Al hierdie onheil het oor ons gekom net soos dit geskryf staan in die wet van Moses; tog het ons, Here ons God, nie ons saak met U reggemaak deur ons van ons sonde te bekeer en in te sien dat U doen wat U sê nie. Daarom het U ons hierdie onheil nie gespaar nie maar dit oor ons gebring. Here ons God, U is regverdig in alles wat U doen, ons het nie na U geluister nie."

"Here ons God, U het u volk deur u groot mag uit Egipte gelei en daardeur u Naam groot gemaak soos dit vandag nog is. Maar ons het gesondig, ons het verkeerd gedoen. Here, U het reddingsdade gedoen, neem tog u toorn en u woede weg van Jerusalem, u stad, u heilige berg, want deur ons sonde en deur die oortredinge van ons voorvaders spot almal rondom ons nou met Jerusalem en met u volk. Ter wille van Uself, hoor tog my gebed en smeking, en verskyn tog tot redding van u verwoeste heiligdom. Luister tog, my God! Hoor ons tog! Sien tog ons verlatenheid raak, en dié van die stad waaroor u Naam uitgeroep is. Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot barmhartigheid. Hoor, Here! Vergewe, Here! Gee tog ag op ons en tree op! Ter wille van Uself, moenie talm nie, my God. U Naam is oor u stad en oor u volk uitgeroep."

Daniël 9:4-19 (Nuwe Afrikaanse Vertaling)

 

Oordenking:

Dit is vandag Aswoensdag, die begin van Lydenstyd. Dit is 'n dag waarop ons skerp herinner word dat ons die Here nodig het en ons sonde voor Hom moet bely.

• Terwyl jy hierdie gebed en belydenis lees, is daar dalk 'n spesifieke woord of frase wat vir jou uitstaan?

• Word jy dalk ook diep bewus van iets in jou eie lewe wat jy moet bely en vergiffenis voor moet vra?

• Let ook op na al die karaktereienskappe van God wat in hierdie stuk genoem word. Watter een van die eienskappe spreek die meeste met jou? Hoe het jy dit op hierdie stadium nodig in jou lewe?

Gebed:

Almagtige en Ewige God,
U haat niks wat U gemaak het nie
en U vergeef al die sondes van díe wat dit teenoor U bely.
Skep asseblief in ons verootmoedigende en nederige harte,
sodat ons, met 'n diepe oortuiging van ons sondes en ‘n erkenning van ons totale afhanklikheid van U,
deur U, die Gewer van alle genade,
vergewe kan word
en ten volle met U versoen kan wees,
deur die dood van Jesus Christus ons Here,
wat lewe en heers saam met U en die Heilige Gees,
die Drie-Enige God,
vir alle ewigheid.
Amen

(Van die Book of Common Prayer Ash Wednesday service)


Lent - Ash Wednesday 17 February 2010

 

Scripture:

And I prayed to Jehovah my God, and made my confession, and said, O Lord, the great and awesome God, keeping the covenant and mercy to those who love Him, and to those who keep His commandments, we have sinned and have committed iniquity, and have done wickedly, and have rebelled, even by departing from Your commandments and from Your judgments. Neither have we listened to Your servants the prophets, who spoke in Your name to our kings, our rulers, and our fathers, and to all the people of the land. O Lord, righteousness belongs to You, but to us the shame of our faces, as it is today to the men of Judah and to the people of Jerusalem, and to all Israel who are near and who are afar off, through all the countries where You have driven them because of their sin which they have sinned against You. O Lord, shame of face belongs to us, to our kings, to our rulers, and to our fathers, because we have sinned against You. To the Lord our God belong mercies and forgiveness's, though we have rebelled against Him.


We have not obeyed the voice of Jehovah our God, to walk in His Laws which He set before us by His servants the prophets. Yea, all Israel has transgressed Your Law, and turned aside, that they might not obey Your voice. Therefore the curse has been poured out on us, and the oath that is written in the Law of Moses the servant of God, because we have sinned against Him. And He has confirmed His Words which He spoke against us and against our judges who judged us, by bringing on us a great evil. For under all the heavens it has not been done as it has been done to Jerusalem. As it is written in the Law of Moses, all this evil has come on us. Yet we did not make our prayer before Jehovah our God, that we might turn from our iniquities, and understand Your truth. Therefore Jehovah has watched over the evil, and has brought it on us. For Jehovah our God is righteous in all His works which He does; for we did not obey His voice.


And now, O Lord our God, who have brought Your people out from the land of Egypt with a mighty hand, and have brought fame to Yourself, as it is today, we have sinned, we have done wrong. O Lord, I pray You, according to all Your righteousness let Your anger and Your fury be turned away from Your city Jerusalem, Your holy mountain. Because for our sins, and for the iniquities of our fathers, Jerusalem and Your people have become a curse to all those who are around us. And now, O our God, hear the prayer of Your servant, and his holy desires, and cause Your face to shine on Your sanctuary that is desolate, for the Lord's sake. O my God, bow down Your ear and hear. Open Your eyes and behold our ruins, and the city which is called by Your name. For we do not present our prayers before You on account of our righteousnesses, but because of Your great mercies. O Jehovah, hear; O Jehovah, forgive; O Jehovah, listen and do. Do not delay, for Your own sake, O my God; for Your city and Your people are called by Your name.

Daniel 9:4-19 (Modern King James Version)

Meditation:

Today is Ash Wednesday, the first day of Lent. During this day we are reminded of our total dependence on God and that we need to confess our sins before Him.

• While you are busy reading this piece of scripture, take note of any words or phrases that are speaking to your heart.

• Are you becoming aware of any thing in your own life that you need to confess before God and ask His forgiveness for?

• Also, take note of the various qualities of God that are mentioned in this piece of scripture. Which one of these qualities that is mentioned appeals the most to you and how do you need this quality in you life at this moment.

Prayer:

Almighty and everlasting God,
You hate nothing You have made
and forgive the sins of all who are penitent.
Create and make in us new and contrite hearts,
that we, worthily lamenting our sins and acknowledging our wretchedness,
may obtain of You, the God of all mercy,
perfect remission
and forgiveness;
through Jesus Christ our Lord,
who lives and reigns with you and the Holy Spirit,
one God,
for ever and ever.
Amen

(From the Book of Common Prayer Ash Wednesday service)

Kruisstasies

28/03/2010 08:00
06/04/2010 21:00

Beleef Heilige Week met hierdie jaarlikse instelling van Mosaiek - Die Kruisstasies. Deur kuns, musiek, interaktiewe belewenis en rituele begelei hierdie ervaring jou deur 12 momente in die Kruistog van Jesus. Oop daagliks tussen 08:00 en 21:00.

OpstandingSondag - Klipkerk

04/04/2010 18:00
04/04/2010 18:40
Ons herdenk Jesus se opstanding uit die dood by hierdie spesiale Lectio Divina

OpstandingSondag - Teatro - PM

04/04/2010 19:00
04/04/2010 20:00

Ons herdenk Jesus se opstanding uit die dood by hierdie spesiale byeenkoms - saam met Theo Geyser.

OpstandingSondag - Teatro - AM2

04/04/2010 10:15
04/04/2010 11:15

Ons herdenk Jesus se opstanding uit die dood by hierdie spesiale byeenkoms - saam met Trevor Hudson.

OpstandingSondag - Teatro - AM1

04/04/2010 08:30
04/04/2010 09:30

Ons herdenk Jesus se opstanding uit die dood by hierdie spesiale byeenkoms - saam met Trevor Hudson.

Heilige Week - Saterdag - Klipkerk (Herinneringsdiens)

03/04/2010 18:30
03/04/2010 19:15

By hierdie spesiale byeenkoms op Donker Saterdag, spandeer ons 'n tyd van wyding saam, en onthou hulle wat ons dalk deur die dood op lyding afgestaan het.

Goeie Vrydag - Teatro - AM2

02/04/2010 10:15
02/04/2010 11:15

'n Spesiale byeenkoms in ons Teatro om hierdie hoogtepunt van Goeie Vrydag te herdenk.

Goeie Vrydagdiens - Teatro - AM1

02/04/2010 08:30
02/04/2010 09:30

'n Spesiale byeenkoms in ons Teatro om hierdie hoogtepunt van Goeie Vrydag te herdenk.

X
Loading