![]() |
|
|
Lydenstyd 2011 is op As-Woensdag, 9 Maart, ingelei met 'n spesiale Klipkerkbyeenkoms. Jy kan na Johan Geyser se inleidingsboodskap luister, by www.mosaiek.com/dokumente/lydenstyd-as-woensdag-begeleiding.
Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.
In hierdie skrifgedeelte kry ons te doen met baie van die temas waarmee ons in Lydenstyd wil reis...
Here, rig my voete op die Lydenstyd-weg
waar U wil hê ek moet gaan.
Jy kan gerus hierdie handleiding aflaai, om jou dag vir dag deur Lydenstyd te begelei.
Ons begin Lydenstyd met die gebruiklike byeenkoms in die Klipkerk om 12:00.
Annemarie Kidder het neergepen waar Lydenstyd vandaan kom, en vang iets vas omtrent die hartklop agter Lydenstyd. Lydenstyd is 'n seisoen waartydens jy op 'n innerlike reis kan gaan – waar jy doelbewus met God en jouself tyd spandeer. Dit vra afsondering, opoffering met die doel om eindelik te transformeer.
'Purify your inner life.' James 4 Msg
Die Lydenstyd-reis fokus op die tyd van Jesus se doop, sy tyd in die woestyn tot na sy versoeking (Matthéüs 3:13 tot 4:11). In hierdie bewegings, kan ons iets leer omtrent transformasie: om te verander moet ons woestyn toe gaan. In hierdie Lydenstyd van 40 dae nooi ons jou uit om ...
Mag jy deur hierdie Lydenstyd dan ook duidelik God se stem hoor, dat jy sy geliefde kind is; en mag jy ook deur engele bedien word.
'The desert fathers and mothers were the inspiration for the church's season of Lent. In the fourth century, bishops visited these solitaries living in caves in the wilderness of Egypt and were inspired by die visible joyous witness of Christian discipleship. They wanted members of their parishes to catch a glimpse of the healing power of the solitary life. And since they could not arrange for caravans to bring all the people out into the wilderness, they resolved to bring the wilderness to them: For forty days prior to Easter, parishioners would enter wilderness territory, not out in the desert of Egypt but in their own familiar surroundings through a Lenten discipline, marked by abstinence. Fasting, simplicity and silence were to reconstruct the austere and fierce conditions of wilderness living; and instead of wrestling the demons in caves and monastic cells, believers would be setting foot in the cave of their soul. By eating less, doing less, and doing with less, they were brought face-to-face with the powers and demons that owned them, the habits that controlled them, and the possessions and attachments that had taken precedence over the place of God in Christ.'
Terwyl die mense na Jesus geluister het, het Hy nog 'n gelykenis vertel, aangesien Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het die koninkryk van God sou nou enige oomblik kom. Hy het gesê: "'n Man van adellike afkoms het na 'n ver land toe op reis gegaan om as koning aangestel te word en dan terug te kom.
Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: "Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!" Maar die Here antwoord haar: "Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig.
Toe kom die vrou van Sebedeus met haar twee seuns by Jesus en kniel voor Hom om Hom 'n guns te vra. "Wat kan Ek vir u doen?" vra Hy vir haar. Sy sê vir Hom: "Belowe my dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk langs U mag sit, een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand." Toe antwoord Jesus: "Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die lydensbeker drink wat Ek gaan drink?" "Ons kan," antwoord hulle. Jesus sê toe vir hulle: "Ja, my beker sal julle drink.